Quantcast
Channel: Bekendes – Huisgenoot
Viewing all 1013 articles
Browse latest View live

Charlize Theron gesels oor haar uitgegroeide haarwortels en eenvoudige velsorg

$
0
0

As daar nou een ding is waarvoor Charlize Theron nie bang is nie, is dit om daardie beroemde lokke met ‘n skêr by te dam nie.

Die 41-jarige aktrise is beroemd om haar blonde lokke, wat sy al in style soos ’n kabouterstyl en tuimelende golwe gedra het.

Maar sy was nog nooit bang om dinge te meng nie en sy het selfs haar hare in 2015 geskeer vir die rol van Imperator Furiosa in Mad Max: Fury Road – veilig in die wete dat dit nie ’n permanente verandering is nie.


Vir haar vertolking van Aileen Wuornos, in die fliek Monster, waarvoor sy met ‘n gesogte Oscar-beeldjie beloon is, het sy selfs haar wenkbroue afgeskeer!

“Om die een of ander rede koester ek geen vrese oor my hare nie. Ek is glad nie geheg aan my hare nie – dit is vir my opwindend om veranderinge aan te bring en ek dink altyd dat, indien ek dit haat, gaan dit weer groei, het sy skouerophalend aan Vogue.co.uk gesê.

“Die stuk waaraan ek op ’n bepaalde tyd werk, het ’n invloed op my hare.”

“Ek doen nie tonne glansryke dinge nie, dus bestaan my hare gewoonlik uit wortels wat uitgegroei het en natuurlike hare.

Wat produkte aanbetref, het ek beslis die verskil gemerk tussen formules wat sulfate bevat en dié daarsonder, dus is dit die een ding wat nie gaan verander nie – my haarprodukte moenie sulfate bevat nie.”

Charlize se foutlose gelaatskleur word ook wêreldwyd bewonder. Aangesien sy die moeder is van ’n seun, Jackson en ’n dogter, August, het die ster nie soggens vroeg veel tyd nie, dus skenk sy hoofsaaklik saans aandag aan die versorging van haar vel.

“Ek het werklik geleer om saans na my vel om te sien, dus gebruik ek soggens regtig net ’n warm waslap, borsel my tande en sit sonskerm aan. Ek bedoel letterlik en dis al,” het sy verklaar.

“Ek kan saans ’n bietjie meer doen – dis gewoonlik wanneer die kleingoed slaap en ek meer tyd het vir myself. Ek kan my nie voorstel dat ’n mens nie jou gesig saans was en ten minste twee keer per week afskilfer nie.”


© Euan Cherry/WENN.com/Cover


Gewilde akteur van aanranding aangekla

$
0
0

Ná ’n uitval die afgelope naweek by ’n hotel in Beverly Hills het die rapper Azealia Banks die akteur Russell Crowe van aanranding aangekla.

Die 25-jarige musikant het die 52-jarige Gladiator-akteur op Facebook daarvan beskuldig dat hy rassistiese aanmerkings teenoor haar gemaak het en sy het glo daarop aangedring dat hy verskoning vra. Toe dit nie gebeur nie, het sy Sondagin Beverly Hills ’n klag teen hom gelê.

Volgens bronne van TMZ was Russell eintlik die slagoffer in die onderonsie. Luidens berigte het die rapper RZA Azealia na Russell se kamer geneem nadat die akteur hom vir ete genooi het. Dinge het handuit geruk toe Azealia die musiek kritiseer wat Russell speel en die akteur en van sy gaste “vervelige wit mans” noem.

“Verskeie ooggetuies” het aan TMZ gesê Azealia het Russell aangeval. ’n Ongeïdentifiseerde vrou het hom verdedig en Azealia probeer oorreed om haar vyandige houding te laat vaar. Bronne het aan TMZ.com vertel Azealia het gesê: “Julle sou mal wees daaroor as ek my glas breek, julle in die keel steek en bloed spuit oral, soos iets is ’n Tarantino-fliek.”

Sy het glo heeltyd die n-woord gebruik en toe na haar glas gereik. Dit het Russell laat besluit om haar te gryp en uit die kamer te dra. Hy het daarna glo die veiligheidspersoneel by die hotel ontbied en hulle gevra om Azealia van die perseel te verwyder.

TMZ berig ’n ondersoek het gevolg, waarna minstens vier van die gaste en ooggetuies by die ete verklarings afgelê en Azealia se gedrag as “wisselvallig” beskryf het.

RZA, wat haar onlangs ’n kontrak by sy platemaatskappy gegee het, weet glo dis Azealia en nie Russell nie wat rassistiese aanmerkings gemaak het.

’n Woordvoerder vir die akteur wou nie kommentaar lewer toe Billboard.com hom kontak nie en Azealia se oorspronklike Facebook-inskrywing is intussen uitgevee.

– Cover Media

Kyk hoe ‘briekdans’ Karen Zoid en Leon Schuster!

$
0
0

Karen Zoid het Dinsdagaand boetebessie gespeel toe sy saam met Leon Schuster sy trefferliedjie, Boetebessie Briekdans, ter afsluiting van die tweede episode van Republiek van Zoid Afrika gesing het.

Leon was saam met Nik Rabinowitz gaste op Karen se gewilde geselsprogram, van wat die vierde seisoen tans op kykNET uitgesaai word. Met talle kwinkslae het dié twee grapjasse gesorg dat Dinsdagaand se episode onvergeetlik sal wees.

Boetebessie Briek Dans kan in die Suid-Afrikaanse iTunes winkel vir R9,99 gekoop word.

In volgende week se episode (25 Oktober) gesels Karen met Ruda Landman en Riana Nel.

Die Republiek van Zoid Afrika word Dinsdae, 20:30, op kykNET uitgesaai.

Adam Levine en Behati Prinsloo loop deur onder gerugte van huishoudelike geweld

$
0
0

Arme Adam Levine! Die  Maroon 5-hoofsanger en The Voice-beoordelaar moes omtrent bontstaan toe iemand hom by die polisie verkla en beweer het hy het sy hand gelig vir sy vrou, die Namibies gebore model Behati Prinsloo, en hul pasgebore dogter, Dusty Rose.

She has no idea her face is about to be eaten. Poor thing. 🍴

A photo posted by Adam Levine (@adamlevine) on

Luidens berigte het ’n anonieme mens die Los Angeles-polisiedepartement verlede Woensdag gebel en beweer Adam (37) het sy babadogter (toe drie weke oud) in die gesig geslaan en sy vrou, Behati (27), so hard geslaan dat sy op die grond geval het, berig die skinderwebtuiste TMZ. 

Ondersoekbeamptes het vasgestel die bewerings is vals nadat hulle die wêreldberoemde sanger se huis besoek en Behati ondervra het. Hulle het ook geen sigbare beserings aan haar of Dusty Rose gevind nie, berig TMZ.

Bronne na aan Adam sê hy weet die polisie doen net hul werk, maar die vals klag het hom steeds onkant betrap. Hy verstaan egter sy en Behati se bekendheid trek soms onwelkome aandag, vertel die bronne aan TMZ.

Adam en Behati, ’n Victoria’s Secret Angel, se eersteling is op 21 September gebore. Die egpaar het ’n foto van die pasgebore Dusty Rose op Instagram gedeel. Daarop lê sy op haar pa se bors met haar kop langs ’n tatoe van ’n roos.

Words can’t describe 💗 Dusty Rose Levine 9/21/16

A photo posted by Behati Prinsloo Levine (@behatiprinsloo) on

“Adam was in die kraamsaal. Hy het Behati se hand vasgehou,” het ’n bron kort ná Dusty Rose se geboorte aan E! News vertel. “Hulle het albei gehuil toe sy gebore is. Sy is so pragtig. Sy lyk nes Behati.”

Die paartjie het in 2014 in Los Cabos in Mexiko afgehaak. Hulle koer gereeld op die sosiale media, maar het tot dusver nog nie ’n woord op hul sosialemediaprofiele gerep oor die vals gerugte van huishoudelike geweld nie.

Behati het oor die naweek ’n selfie  op Instagram gedeel en vertel hoe sy drie weke lank elke drie uur geborsvoed het. Sy het eindelik tyd vir haarself afgeknyp om saam met haar vriendinne uit te gaan vir aandete. “Die lewe is so pragtig; ek kan nie glo hoe gelukkig ek is nie.”

BRONNE: TMZ.COM, NYDAILYNEWS.COM, DAILYMAIL.CO.UK

Kyk: Swanger Rolene Strauss nog kliphard aan die werk

$
0
0

Die voormalige Mej. Wêreld sê sy kan nie glo die jaar staan einde se kant toe nie, veral met dié dat haar studie nie die enigste groot gebeurtenis is wat vir haar voorlê nie!

Die toekomstige dokter en mamma Rolene Strauss het Dinsdag ’n foto van haar babamagie op Instagram gedeel. Daarop het sy haar blou hospitaaluitrusting aan. Sy het by die foto geskryf: “Daardie oomblik dat jy besef die jaar staan stadig maar seker einde se kant toe, want jy gaan nie meer lank in jou hospitaalklere pas nie . . . 😳💉 #Medicine #AlmostExams #StudyStudyStudy.

A photo posted by Rolene Strauss (@rolenestrauss) on


Die beeldskone boorling van Mpumalanga, wat tans aan die Universiteit van die Vrystaat medies studeer, het voorheen aan Huisgenoot vertel hoe perfek die tydsberekening met die baba se koms vir haar en haar man, die sakeman D’Niel Strauss, is.


“Dit werk so mooi uit dat ons babatjie rondom Desember en Nuwejaar kom – net nadat my vierde jaar klaar is en voor my finale jaar begin.” D’niel woon op Stellenbosch, sowat 1 000 km van waar Rolene studeer. Tot sy volgende jaar graad vang, is ’n langafstandverhouding hul enigste opsie.


“Ons word nie wys deur die herinnering aan ons verlede nie, maar deur die verantwoordelikheid vir ons toekoms,” is van die wyse woorde wat Rolene onlangs op haar Facebook-blad gedeel het.

Sy sê ook dikwels op die sosiale media hoe geseën sy voel oor die bondeltjie vreugde wat op pad is.

“Wat ’n voorreg om ’n klein wonderwerkie te hê wat in jou groei. Ek bid vir gesondheid, wysheid en ’n leeftyd om hierdie kleinding na die beste van ons vermoë groot te maak. Ek is dankbaar om ’n een-uit-’n-miljoen spanmaat en man te hê wat hierdie pad saam met my stap.”

Rolene volg ’n gesonde leefstyl en oefen gereeld. “My baba is reeds lid van die groepie wat al douvoordag op is,” het sy onlangs by ’n foto op Instagram geskryf. “Soggens vroeg op vir oefening om die dag reg te begin.”

Dan Carter-opkikkerbohaai: Aanhangers verlig hul held is ‘skoon’

$
0
0

Dan Carter ’n verbodemiddel-verneuker? Nooit as te nimmer nie . . .

Dit was die reaksie van die meeste van die gewilde All Black-legende se menigte aanhangers toe ’n opkikkerstorm onlangs losbars. Dan en twee van sy spanmaats by die Franse klub waar hy nou steeds skitterende rugby speel, is betrek.

Die aanhangers was toe heeltemal in die kol.

Dan kon Dinsdag in die sosiale media aankondig die Franse Rugbyfederasie (FFR) het hom vrygespreek van enige oortredings wat middelmisbruik betref.


Dit volg nadat die Franse dagblad L’Équipe vroeër ’n opskudding in rugbykringe veroorsaak het. Hulle het berig Dan (34), sy voormalige All Black-spanmaat Joe Rokocoko (33) en die Argentyn Juan Imhoff (28) het ná die Franse Top14-eindstryd positief getoets vir kortikosteroïed. In dié kragmeting het hul Racing Metro-klub ’n onverwagte sege oor Toulon behaal.

Dan het nou op Instagram en Facebook verklaar: “Dis geen verrassing dat die FFR bevind het ek het niks verkeerds gedoen nie. Ek stel my integriteit en rugby s’n hoog op prys.” Hy het weer benadruk hoe gek hy oor die spel is en hoeveel hy daaraan verskuldig is. Hy het ook gesê hy sal nooit iets doen wat dit in oneer bring nie.

A photo posted by Dan Carter (@dancarter_) on

 

Die 2015-Wêreldbeker-held en wêreldrugbyspeler van die jaar het ook almal bedank wat hom en sy vrou, die aanvallige Kiwi-hokkieheldin Honor Dillon, deur alles ondersteun het.

Dit blyk die verbode middel waarvoor Dan en sy spanmaats positief getoets het, het op heel onskuldige wyse in hul gestel beland. Kortikosteroïed word dikwels gebruik om inflammasie en gewrigspyn te behandel.

Dan en Joe se agent het vroeër gesê die twee het vir ’n voorgeskrewe behandeling “terapeutiese kwytskelding” gekry omdat hulle met ligte beserings gesukkel het. Die gewraakte middel het daarin voorgekom. Racing het verklaar die FFR-bevinding het nou bevestig nóg die spelers nóg hul klubdokter het enige reëls oortree.

Model-gesinsman

Intussen lyk dit of Dan en sy jong gesin die lewe in Frankryk geniet, te oordeel na wat Honor in die sosiale media wys en vertel. Die voormalige Black Sticks-hokkiespeler, wat al saam met Dan in onderklerereklameveldtogte verskyn het, het vroeg vanjaar wel die tonge laat klap met ’n iewat kriptiese twiet dat sy “weier om ’n skaduwee vir my man se lewe te wees”.

Maar sedertdien het sy weer talle sosialemedia-inskrywings en -kiekies geplaas wat dui op ’n meestal gelukkige huwelik en gesinslewe: van “vrolike vakansies”, skermerkelkies in Korsika, Dan wat saam met die oudste van hul twee seuns, Marco (3), deur die strate van Provence draf, en haar “ware heer van ’n man” wat ’n ou Franse vrou haar kruidenierware heelpad huis toe help dra.

Dan, speler van die wedstryd in verlede jaar se Wêreldbeker-eindstryd, het juis in ’n eerstepersoonsartikel vir ’n sportwebtuiste onthul hy het tydens sy wedloop om betyds vir daardie toprugbyskouspel van beserings te herstel begin wonder of hy moet uittree. Honor het hom omgepraat om deur te druk.

“Sy was my rots. Was dit nie vir haar nie, het ek dalk al veel vroeër my stewels weggepak.”

 



 


Bronne: Reuters, Facebook, Instagram, nzherald.co.nz, stuff.co.nz , dancarter.com

 

Groot verligting oor Amor se pa, maar hartseer nuus vir Vittone-familie

$
0
0

Na jare van diep waters vir Amor Vittone (44) en haar familie, het hulle nog ’n groot terugslag beleef toe haar swaer (48) onlangs gediagnoseer is met derdegraadse limfkanker.

Amor en haar pa Dario. Foto: Tumelo Leburu

Amor en haar pa Dario. Foto: Tumelo Leburu

Die kankerspook het die afgelope week nog verder die familie geteister toe Amor se pa, Dario Vittone, die afgelope ruk nie homself gevoel het nie.

“Hy het krampe in sy maag gehad en met die onlangse diagnose van my swaer was hy bekommerd. My ma moes hom maar soebat om dokter toe te gaan, want mans hou mos nie daarvan nie.

“Die dokter het ’n biopsie gedoen en het genoem dit mag dalk kanker wees. Ons het vir vyf dae gespanne gewag vir die uitslag. Ek was die hele naweek huilerig,” vertel Amor.

Gelukkig het hulle Dinsdagaand die nuus ontvang dat hy kankervry is. “Die dokter het gesê my pa is een van die sterkste en fiksste 75-jariges wat hy ken.”

Amor se suster, Ilana, is ’n mediese dokter en woon al die afgelope 20 jaar in Kanada.

“Dis vir my pa so hartseer dat sy tweede skoonseun nou so siek is. Eers is Joost gediagnoseer met MNS en nou my swaer met derdegraadse limfkanker.”

– Nadia Honiball

Hofstukke onthul waaroor Theuns Jordaan en Afrikaans is Groot stry

$
0
0

Die hare waai tussen die gewilde sanger Theuns Jordaan en die bestuur van die musiekkonsert Afrikaans Is Groot (AIG).

Hofstukke tussen die twee partye beslaan reeds 343 bladsye. ’n Regter moet nou teen Dinsdag besluit of die aansoek wat Theuns gebring het inderdaad dringend is en onmiddellik aangehoor moet word.

Dit volg nadat AIG Theuns vroeg in Oktober ingelig het dat hy nie meer aan die konsert deelneem nie, nadat hulle hom herhaaldelik gevra het om sy kontrak vir vanjaar se musiekkonsertreeks te teken.

Kaartjiehouers is reeds ingelig dat Theuns nie meer op AIG te sien sal wees nie.

Theuns het hom na die hof gewend in ’n poging om AIG te dwing om hom steeds deel van die vertoning te maak. Die bestuur van AIG kap egter terug en sê hulle kon nie langer wag om sy handtekening op vanjaar se kontrak te kry nie.

In hofstukke wat in Huisgenoot se besit is, vra Theuns om steeds deel van die konsert te wees wat oor vyf weke sowat 85 000 mense lok en waaraan hy vanjaar vir die vyfde keer sou deelneem.

“As ’n stigterslid het ek die reg om aan AIG deel te neem,” sê Theuns in sy verklaring. “Ek is sentraal tot AIG en het die afgelope vier jaar wins gedeel in die vertonings. Ek was nog altyd daartoe verbind om aan AIG 2016 deel te neem.”

In verdere hofstukke sê Arnold Coleske wat saam met sy broer, Ewald Coleske, in 2006 die idee vir die muskiekkonsert gekry het, dat Theuns al sedert 11 Maart vanjaar in besit is van die ooreenkoms wat aan hom gestuur is. En dat hy geen stappe geneem het om die terme en voorwaardes van die kontrak te bevraagteken nie.

“Soos die tyd verby gegaan het, het ek al hoe meer bekommerd geraak oor die feit dat Theuns die enigste kunstenaar is wat nie die ooreenkoms geteken het om sy deelname in vanjaar se vertoning te bevestig nie.”

Arnold sê dit was veral vir hom kommerwekkend omdat die vertoning soveel beplanning verg en hulle die verbintenis van Theuns af nodig gehad het.

Op 1 Augustus het Arnold vir Theuns ’n WhatsApp gestuur om hom aan die oorspronklike e-pos met die kontrak te herinner. Theuns het toe vir Arnold gesê dat hy sekere dinge met hom wou bespreek, maar Arnold het nooit weer van hom gehoor nie.

Teen 30 Augustus het Theuns nog geen ooreenkoms geteken nie en oproepe vermy, volgens die hofstukke. Hy het ook nie deelgeneem aan kritiese beplanning vir die vertoning nie. Arnold het weer vir hom ’n WhatsApp gestuur: “Kan ons praat oor jou vertonings by AIG.” Later weer. “Is jy beskikbaar vir koffie?”

Verdere boodskappe om hom in die hande te kry het gevolg, maar daar was geen teken van Theuns nie en hy het ook geweier om vergaderings by te woon en kwessies te bespreek wat hy geopper het.

Asseblief mense, sorteer dit uit.


In e-posse tussen Theuns en Brendon Hargroves van AIG in September blyk dit of Theuns vrae gehad het oor onder meer winste wat deur die CD’s van die vertoning en ander kommersiële aktiwiteite gemaak sal word.

Theuns sê in sy verklaring hy is al hoe meer onder druk geplaas om ’n ooreenkoms te teken met voorwaardes wat glad nie vir hom aanvaarbaar was nie. Hy sê hy weier om gemanipuleer te word in ’n kontrak in ’n bedryf waaruit hy ’n lewe maak.

Op 29 September het hy die kontrak geteken onder twee voorwaardes.

1. Dat hy die volledige verkope van CD’s en DVD’s van AIG sien en hoe die wins bereken is.

2. Hy wou ’n vergadering hê met Coleske Artists wat nie later as 19 Oktober moes plaasvind nie saam met een van die nuwe direkteure van AIG, Mark Rosin of Antonio Lee.

Dieselfde dag het Brendon geantwoord hulle kan nie langer vir Theuns wag om homself tot vanjaar se AIG te verbind nie, maar sal sy versoeke probeer nakom. Brendon vra of die direkteure kan tyd maak voor 19 Oktober vir ’n vergadering en sê ook Theuns is welkom om by die kantoor na die verkope van CD’s en DVD’s vir AIG te kom kyk.

Brendon maak dit duidelik dat Theuns dadelik moet laat weet of dit vir hom aanvaarbaar is sodat hulle sonder voorwaardes kan aanbeweeg.

Op 3 Oktober het Brendon Theuns toe laat weet omdat hy nie op Brendon se e-pos van 29 September gereageer het nie, kan hy nie meer langer by AIG optree nie.

Theuns sê egter in sy verklaring hy het nie geweet hy moet op die e-pos reageer nie.

Op 5 Oktober het Mark in antwoord op Brendon se versoek die partye in ’n e-pos ingelig dat nie hy of Antonio so ’n vergadering sal bywoon nie, omdat hulle nie by die operasionele deel van AIG betrokke is nie.

AIG voer aan al het Jordaan die kontrak geteken, maar een van sy voorwaardes (om ’n vergadering met een van die direkteurs te hê) is geweier, is die kontrak nie geldig nie.

Hulle sê ook Theuns se aanname dat hy as stigterslid moet deelneem is deel van ’n stigtersliddokument wat nog nie bekragtig is nie.

AIG voer ook aan dat Theuns se deelname by die produksie nog altyd deur kontrakte gereguleer is, ongeag dat hy sê dit was nie. Al voer hy aan dat hy daartoe “verbind was” om aan AIG deel te neem het sy dade in die maande tot voor die vertoning dit weerspreek.

In hofstukke wat Theuns vandag ingedien het in antwoord op AIG se argumente lê hy klem daarop dat dit die uitvoerende komitee waarvan hy ’n lid is se besluit is wie by AIG optree.

Hy verstaan ook nie Arnold se groot kommer dat hy die enigste kunstenaar was wat nie vanjaar ’n ooreenkoms geteken het om sy deelname aan 2016 se konsertreeks te bevesig nie, want hy het in 2015 ook opgetree sonder dat hy ’n ooreenkoms geteken het.

Arnold se verweer is dat daar wel vir elk van die ander jare getekende kontrakte was.

Theuns maak ook melding daarvan in die tyd dat vanjaar se ooreenkoms vir hom gestuur is, het dit bekend geraak dat Johan Vorster, ’n aandeelhouer in AIG, en Arnold se paaie geskei het en dit het kommer onder die kunstenaars veroorsaak oor die toekoms van AIG. Theuns het toe ’n vergadering daaroor met lede van die uitvoerende komitee belê, wat op 26 Julie plaasgevind het.


Rocker se makkers hou vir hom ’n doekmakietie vir sy pienkvoet

$
0
0

By Francois van Coke se huis in Bellville was daar Dinsdag pure pret – met bier, braaivleis, rockmusikante en . . . babadoeke.

Dié rocker se vrou verwag hul eersteling. Lede van sy groep en sy vriende het dit toe goedgedink om vir hom ’n doekpartytjie/braai te reël waar almal met ’n pak babadoeke en ietsie te drinke opgedaag het.

“ ’n Paar van my vriende het al nappy parties gehad. Ek het gedink dit is iets wat nodig is,” sê Francois.

“Ek het natuurlik geen idee gehad watter doeke om te vra nie. Ek moes eers by my vriende wat kinders  het, hoor watter soort om te kry.”

Die hoofsanger van onder meer die rocksensasie Fokofpolisiekar sê hy is baie opgewonde daaroor om die eerste keer doeke te ruil. “Dit is iets om aan gewoond te raak. Negentig persent van my vriende het nog nooit ’n doek geruil nie, so dit was beslis ’n belewenis om hulle met doeke by my huis te sien opdaag.”

Het jul al gehoor van ‘n nappy party? #babyvancoke #ringovancoke 📷: @snakeskull666

A photo posted by Francois van Coke (@francoisvancoke) on

Swaargewig-rockers soos Laudo Liebenberg, voorbok van die groep aKING, Rufio Vegas, rapper en TV-aanbieder, Andrew Davenport van aKING en Thieve en Wynand Myburgh, Francois se jare lange makker en baskitaarspeler vir die Karre, was daar.

“Dit was regtig ’n baie lekker jol. ’n Mens kry nie altyd tyd om mekaar te sien nie en almal het tyd afgeknyp om daar te wees.”

Francois sê die babakamer is ook al ingerig. “My dogtertjie moet nou net haar verskyning maak. Die bal is aan die rol,” het hy opgewonde oor die foon gesê.

Nappy boys! Niks beter as ‘n Dinsdag braai nie.

A photo posted by Francois van Coke (@francoisvancoke) on

Leonardo DiCaprio se liefdadigheidsorganisasie reageer op korrupsieskandaal

$
0
0

’n Woordvoerder vir die Leonardo DiCaprio-stigting het ’n verklaring uitgereik nadat die direkteur van ’n liefdadigheidsorganisasie die akteur van korrupsie beskuldig het.

Leonardo DiCaprio (Foto: WENN.com)

Leonardo DiCaprio (Foto: WENN.com)

Die Oscar-wenner, ’n omgewingsaktivis, word daarvan beskuldig dat hy verduisterde geld aanvaar het vir sy stigting, wat hom vir omgewingsake beywer. ’n Biljoendollarfonds wat deur die Maleisiese sakeman Low Taek Jho bestuur word, is ter sprake.

Lukas Straumann, direkteur van Bruno Manser Fonds (’n liefdadigheidsorganisasie wat hulle beywer vir die staking van ontbossing in Maleisië), het te midde van die skandaal ’n beroep op Leo gedoen om afstand te doen van sy rol as vredesgesant vir die Verenigde Nasies.

Leo het nog nie kommentaar gelewer nie, maar ’n woordvoerder vir sy stigting het Dinsdag ’n verklaring uitgereik wat aandui hulle gee hul volle samewerking.

“Mnr. DiCaprio het in Julie deur mediaberigte uitgevind van die regering se siviele geding teen van die partye wat betrokke was by die maak van The Wolf of Wall Street,” lui die verklaring.

“Hy het sy verteenwoordigers dadelik gevra om die departement van justisie te kontak om vas te stel of hy of sy stigting ooit enige geskenke of skenkings ontvang het wat enigsins met die partye verbind word, en indien wel, om reëlings te tref dat dit so gou moontlik terugbesorg word.

“Alle kontak is deur mnr. DiCaprio en sy stigting aangevoer. Hulle sal aanhou om alle pogings te steun om geregtigheid te laat geskied. Mnr. DiCaprio is dankbaar vir die regering se leiding oor hoe om dit te bewerkstellig.

“Uit respek vir die voortgesette ondersoek, wat talle liefdadigheidsorganisasies, hospitale en individue raak wat dalk onwetend geld ontvang het, het mnr. DiCaprio hom daarvan weerhou om enige openbare kommentaar te lewer. Hy sal voortgaan om sy uitsprake oor hierdie kwessie te beperk.”

– Cover Media

Derick Hougaard antwoord: Kan die Bulle die onoorwonne Cheetahs die naweek klop?

$
0
0

Saterdag gaan dinge omtrent warm raak in Bloemfontein. Die onoorwonne Cheetahs is die gunsteling om vanjaar die Curriebeker omhoog te hou en rugbykenners is dit eens: Die Bulle gaan moet uithaal en wys om hulle te klop.

Die oud-Bul Derick Hougaard, die sogenaamde liefling van Loftus, het hieroor gesê:

Derick glo die Bulle het beslis ’n kans om môre te wen. Die spelers is almal redelik onervare wat eindstryde betref omdat albei spanne lank laas in ’n eindstryd van enige aard was.

“Daar is baie druk op die Cheetahs, want daar is baie rekords wat kan spat,” het Derick aan Huisgenoot gesê.

“Daar is spanne wat dit al reggekry het om deur ’n hele seisoen onoorwonne te wees en die eindstryd te wen. Dit sal baie sleg wees as die Cheetahs nie die naweek wen nie. Die spelers weet hulle het nog net een wedstryd om te wen.

“Uit ervaring weet ek as jy die gunsteling is om te wen, voel jy so gespanne, want jy weet jy moet wen. Die Bulle, wat die underdogs is, kan net elke oomblik geniet. Hulle het ook al in meer eindstryde gespeel, maar vir hulle gaan die geskiedenis nie so ’n groot rol speel nie.”

Volgens Derick moet die Bulle foute tot die minimum beperk as hulle die Cheetahs môre wil klop. Daarby sal hulle ook op hul verdediging moet konsentreer.

“Die Cheetahs het 50 punte teen die Leeus aangeteken. Dit wys hulle doen iets reg. Hulle het die vermoë om openinge te skep.

“As die Bulle nog die laaste 20 minute in die wedstryd is, kan hulle wen. Ek het ’n gevoel en spesmaas die Bulle gaan mense môre verras.”

Derick sê dit is lekker om weer opgewonde te wees oor rugby. Ná wat alles met die Springbokke gebeur het, tydens die Superreeks en met alles wat van die veld af gebeur het, was daar min waaroor ondersteuners opgewonde kon raak.

Maar die laaste twee weke het die Curriebeker-ondersteuners weer lewe gegee. “Ek het lank laas uitgesien daarna om op ’n Saterdag voor die televisie te gaan sit en rugby te kyk.

“Ek dink nie eens iemand wat weddenskappe aangaan, het ’n idee wat môre gaan gebeur nie.”

Derick het op die vooraand van die titaniese stryd wat op rugbygeesdriftiges wag ook ’n roerende boodskap aan sy alma mater geskryf:

“Vir die hele Blou Bul-span wat vandag Bloemfontein toe vertrek! Ek hoop Saterdagmiddag is een wat geen speler ooit sal vergeet nie.

“Legendes word gebore op dae soos môre, dae wat nie baie oor jou pad kom nie. Jare se harde werk vir 80 minute op die veld; daarom is die druk geweldig. Moenie vergeet om dit bo alles te geniet nie.

“Min spelers is so gelukkig om in ’n Curriebeker-finaal te speel. Niemand kan dit ooit van jou wegvat nie, om ’n kampioen te wees.

“Gaan daar in die wedstryd ’n tyd kom dat jy diep in jou siel moet delf vir daai ietsie ekstra wat dalk nie moontlik klink nie of ’n plek waar jou geestelike krag of liggaam nog nooit was nie.

“Maar dis die speler wat dit regkry wat vir jare se roem kan sorg. En dis ’n herinnering wat jy die res van jou lewe sal koester.

Legends never die. Sterkte aan almal.”

Jim Carrey en sy eks se ma pak mekaar ná dreigemente heen en weer vlieg

$
0
0

Jim Carrey (54) is nou in ’n regstryd gewikkel met sy oorlede eksmeisie se ma. Die akteur het dokumente ingedien waarin hy beweer Brigid Sweetman, ma van Cathriona White, het hom gesmeek om vir haar ’n huis te koop en gedreig om haar lewe te neem.

Jim beweer Brigid het hom verlede November, twee maande nadat haar dogter selfdood toegepas het, per e-pos ingelig mense dreig haar met die dood en vandaliseer haar huis.

Volgens Brigid is sy vir Cat se dood geblameer nadat sy op die derde herdenking van Cat se pa se dood iets aakligs en vernederends op Facebook gesê het. Jim beweer Brigid het in die e-pos gesê “ek is op die punt om myself dood te maak” en daarna het sy hom gevra om vir haar ’n nuwe huis te koop. Die akteur sê sy het “kwaad en bitter” geraak toe hy weier.

Vroeër vandeesmaand het Brigid weens haar dogter se dood stappe teen die filmster gedoen. Sy regspan het onmiddellik teruggekap en beweer haar regsgeding is ’n poging om geld uit die akteur te kry.

Jim het ook bewerings van Brigid en Mark Burton, Cat se vervreemde man, as onwaar afgemaak. Hulle beweer hy het die grimeerkunstenaar ’n seksueel oordraagbare siekte (SOS) gegee en dit het na bewering bygedra tot haar besluit om ’n einde aan haar lewe te maak.

Brigid het verlede week belowe om haar regsaksie te laat vaar as Jim die uitslag van ’n geslagsiektetoets bekendmaak.

’n Verklaring wat aan thewrap.com uitgereik is, lui: “Jim Carrey en sy prokureurs het aan die wêreld gesê hy het nog nooit ’n SOS gehad nie. Hulle het my en Mark as ‘bedrieërs’ uitgekryt omdat ons die teendeel beweer het.

“Ek eis dat hulle onmiddellik die volledige laboratoriumtoetse van 2013 aan die publiek bekendmaak sodat mense kan oordeel wie die waarheid praat en wie leuens verkondig.

“As hulle die volledige Quest Diagnostics-laboratoriumverslag uitreik vir die bloedmonster wat Carrey op 28 Januarie 2013 onder die naam ‘Jose Lopez’ ingehandig het en dit toon hy het nie ’n SOS nie, sal ek die saak onmiddellik laat vaar en verskoning vra.”

– Cover Media

Deadpool-ster praat sy mond verby op Twitter

$
0
0

Dit lyk of Ryan Reynolds per ongeluk verklap het hy en sy vrou, Blake Lively, het nog ’n dogter ryker word.

Die akteur, wat op 23 Oktober 40 word, en die aktrise (29), het hul tweede kind in September by ’n hospitaal in Manhattan, New York, verwelkom.

Blake en Ryan het nie ’n woord oor die nuwe aankomeling gerep nie, maar dit lyk of die Deadpool-ster Vrydag op Twitter sy mond verbygepraat het. “Die bewertjie bokant my dogter se wiegie bestaan uit NuvaRings (’n geboortebeperkingsmetode) sodat sy kan onthou hoe gelukkig sy is,” het Ryan getwiet.

Bewonderaars het vinnig gereageer en baie van hulle het die twiet beskou as ’n bevestiging van die baba se geslag.

Dit is nie die eerste keer dat ’n Hollywood-ster kastig per ongeluk hul kind se geslag verklap nie. Ashton Kutcher (38) het vroeër vandeesmaand tydens ’n verskyning op Today verklap sy vrou, Mila Kunis (33), verwag ’n seun. Hulle het reeds ’n dogter genaamd Wyatt (2).

“Sy wys na Mila en sê iets soos ‘bababoetie’ wanneer sy na die maag wys en dan wys sy na haar pa en sê ‘bier’,” het hy vertel. “So ek dink sy begryp daar is iets in die maag, maar ek dink nie sy besef al dit gaan nie ’n plastiekpop wees nie.”

Ryan en Blake het nog ’n dogter, James, wat in Desember twee jaar oud word. Die nuus van Blake se swangerskap is in April bekendgemaak en in Mei het sy haar bababoepie vir die eerste keer vir die wêreld gewys.

Dit was tydens die wêreldbekendstelling van haar Woody Allen-rolprent, Café Society, by die Cannes-filmfees in Frankryk.

Blake en Ryan het nog nooit ’n geheim gemaak van hul begeerte om ’n groot gesin te hê nie. “Ek is een van vyf kinders; my man een van vier,” het Blake in Junie gesê tydens ’n onderhoud op die Amerikaanse ontbytprogram Today.

Sy het grappenderwys voortgegaan: “Ons is amptelik telers! Julle kan ons webtuiste besoek en dan sal ons julle van ons kinders gee.”

Huldeblyke stroom in ná geliefde Amerikaanse komediant sterf

$
0
0

Die geliefde Amerikaanse komediant en akteur Kevin Meaney is in die ouderdom van 60 oorlede.

Sy agent het aan The Hollywood Reporter bevestig die grapjas het nie gereageer toe hy Vrydag by sy huis in Forestburgh, New York, gevind is nie. ‘n Lykskouing moet nog plaasvind.

Intussen het verskeie Hollywoodsterre na vore gekom om hulde te bring aan die lewe en werk van Kevin, wat veral bekend was vir sy werk in die 1990’s sitkom Uncle Buck.

Die regisseur van Knocked Up, Judd Apatow, het op Twitter geskryf “Kevin Meaney was so snaaks as wat kan wees en ook die vriendelikste mens. Hy kon jou so laat lag het, dat jy kop verloor. Hy was ‘n baie spesiale mens.”

NSYNC-ster Lance Bass, wat saam met Kevin in die Broadway musiekblyspel Hairspray verskyn het, het ‘n pragtige foto van die ontslape komediant op Instagram gedeel met die roerende opskrif: “Ek is platgeslaan oor die verlies van een van my gunsteling-mense! Kevin Meaney was ‘n ongelooflike pa en ‘n dekselse goeie komediant. Dankie vir al die grappies, my vriend.”

Die komediant en aktrise Kathy Griffin het ook haar eer betoon. Sy het vir ‘n tyd lank met Kevin uitgegaan voodat hy in 2008 erken het hy is gay.

“Ek was gek oor Kevin! Ons het uitgegaan (ja, ek weet). Hy was die snaakste en oulikste mens. En ons het gelag! Rus in vrede,” was haar woorde.

“Ek het altyd gedink Kevin Meaney was ‘n briljante komediant,” het ‘n mede-grapjas Patton Oswalt op Twitter gedeel. “En toe spandeer ons tyd saam in Ierland en ek kom agter hy is ook ‘n fantastiese persoon. Rus in vrede.”


Kat Dennings, die ster van die Amerikaanse komediereeks 2 Broke Girls, het haar droefheid by die onverwagse afsterwe van die komediant uigespreek. “Kevin Meaney was in ons reeks en hy was die mooiste man. So snaaks en soet en onvergeetlik. Ek is so hartseer. Rus in vrede.”

Kevin was ‘n gereelde gesig op verhoeë en het vir meer as 25 jaar op programme soos The Tonight Show met Johnny Carson, die Late Show met David Letterman, Oprah en Late Night met Conan O’Brien, verskyn.

Hy was ook te sien in die Tom Hanks-fliek Big. Hy was twee keer getroud en het ‘n dogter saam met sy tweede vrou, die televisie vervaardiger Mary Ann Halford.

© Cover Media

Steve Hofmeyr hospitaal toe ná motorongeluk

$
0
0

Tussen ’n besige Saterdag waartydens die sanger Steve Hofmeyr geskenke vir behoeftige kinders in Benoni uitgedeel het, ’n goeie vriend se ooievaarstee bygewoon het en sy twee gunsteling-rugbyspanne teen mekaar te staan gekom het in die eindstryd van die Curriebeker-rugbytoernooi, moes hy boonop ook ’n draai in die hospitaal gaan maak.

’n Anonieme bron het ekskluseif aan Huisgenoot vertel Steve was laat vir sy vriend Pieter Smith se ooievaarstee ná hy in ’n ligte motorongeluk betrokke was. “Hy was eers by die hospitaal vir X-strale nadat iemand in Benoni sy geborgde voertuig gestamp het,” vertel die bron.

Die bron het nie self Steve se voertuig gesien nie.

“Ek het nie eens geweet Steve gaan by die ooievaarstee wees nie, maar omtrent almal wat sing was daar” vertel die bron verder. Pieter en sy vrou, Yolandi, verwag ’n dogtertjie vroeg in die nuwejaar.

Die kuierplek waar die geselligheid plaasgevind het, Woes Lekker, het ’n foto van Steve op hul Facebookblad gedeel.

Steve was vroeër Saterdagoggend in Benoni waar hy “honderde geskenkies” vir behoeftige kinders uitgedeel het.

“Ons mense het soveel nood. My hart breek, veral vir ons kinders,” het hy op sy Facebookblad geskryf. “Vind die pyn in jou gemeenskap. Hierdie kinders het so min nodig om te glimlag.”

Steve het self nie ’n woord op sy Facebook-blad oor die ongeluk gerep nie. Liza Mulder, wat Steve se dagboek hanteer, kon hom nie Maandagoggend in die hande kry om die ongeluk te bevestig nie.

Steve het wel in die sosiale media gekla ná sy geliefde Blou Bulle Saterdag 36-16 teen die Cheetahs verloor het.

“Ek kan darem vanoggend weer lag. Nee, die ref was okei. Ek’s net depressies sonder end. Die Blou-depressie. Maar welverdiend vir die Cheetahs, dit moet gesê word. Julle het gate deur ons gehardloop. Raymond en Sergeal was giftig. Ek glo Bloem was ‘n deurnagfees. Hier in Pretoria is ons vroegaand stert tussen die bene huistoe,” het Steve gister op sy Facebookblad geskryf.


Nóg ’n reuse-struikelblok staar Lindsay Lohan in die gesig

$
0
0

Dit lyk asof Lindsay Lohan een struikelblok na die ander die hoof moet bied. Eers was daar haar stryd met alkohol en dwelms, haar pa het in die tronk beland en onlangs het haar vervreemde verloofde, Egor Tarabasov, haar aangerand. En nou is dit onbetaalde huurgeld wat haar bankrot kan laat.

Die beleërde aktrise word na bewering versuim het om die huurgeld op haar woonstel in die eksklusiewe Knightsbridge-gedeelte, Londen, wat $4,3 miljoen (R59,7 miljoen) werd is, te betaal.

A photo posted by Lindsay Lohan (@lindsaylohan) on

Prokureurs van die eienaar van die eiendom het die 30-jarige aangeskryf en geëis dat sy ses maande se agterstallige huurgeld, wat altesaam $95,000 (R1,318 miljoen) beloop, betaal.

Mail Online berig dat hulle op 8 November ’n aansoek gaan indien dat sy bankrot verklaar word as sy in gebreke bly om te betaal.

Die huurooreenkoms vir 12 maande, wat 6-maande-verbrekingsklousule bevat het, was in Lohan se naam, maar daar is sprake dat haar vervreemde verloofde vooraf ’n volle deposito vir drie maande betaal het.


Die paartjie, wat in April vanjaar verloof geraak het, maar is ná hewige rusies in Julie uitmekaar. Hulle het glo ooreengekom om die huurgeld, wat $3,700 (R51,326) per week beloop het, te deel. Tarabasoy beweer Lohan het nooit haar deel betaal nie.

Die ster van Mean Girls is volgens berig nog steeds die wettige huurder en sy het in September vanjaar ’n paar dae op die eiendom in Londen gebly vir ’n opname van Jamie Oliver se kookprogram.

A photo posted by Lindsay Lohan (@lindsaylohan) on

Tarabasov het verder tot Lohan se verdriet met die hof bygedra deur te beweer sy het van sy besittings, wat ’n Rolex Oyster-horlosie en ontwerpersklere van sowat $29,000 (R402,289) insluit, uit die woonstel verwyder het.

Die 23-jarige het ’n inventaris van sy besittings wat volgens hom verdwyn het, aan sy prokureurs gestuur.
Ook op die lys is ’n skildery van Luc Waring, ’n afdruk van The Kiss van Tracy Emin, ’n diamantversierde ring en ’n Panerai Luminor Marina-horlosie.

Een van Lohan se verteenwoordigers het geweier om kommentaar te lewer oor die verslag.

© Cover Media

Sjoe! Snotkop se nuwe video sal jou laat snak na jou asem

$
0
0

Die Afrikaanse rapper, Snotkop se jongste treffer Hoe Lykit! se musiekvideo, het dalk binne ’n week die 100 000-kerf op YouTube gehaal, maar die kritiek loop hoog en selfs die TV-base voel glo dié stoute video is veels te gewaagd vir die klein kassie.

“Ohhhh, lekker commin. Julle altwee se ouers is seker so trots!!!!” het Velani Venter op YouTube oor Snotkop en die model in die video geskryf. Baie reken die snit en video is alles wat verkeerd is met Afrikaanse musiek.

Dié video, wat met ’n blonde vrou se bultende en wippende borste in ’n skamele bikini begin, laat inderdaad deurgans nie veel aan die verbeelding oor nie.

Maar Snotkop, oftewel Francois Henning, kan nie verstaan waaroor die bohaai gaan nie.

“Ja, dit is deur elke TV-stasie afgekeur, maar elke Afrikaanse musiekvideo is deesdae net borste en boude, hoe dan nou? Gaan mense dan nie eens strand toe nie!” het hy aan Huisgenoot gesê oor bewerings in ‘n aanlyn JacarandaFM-berig dat die video “te stout” is vir televisie.

Snotkop vertel hy was nog nooit bang om waaghalsig te wees en die grense te verskuif nie.

“Mense weet ek was nog nooit preuts nie,” het die berugte stoutseun in die bedryf aan Huisgenoot gesê.

“Suid-Afrikaners hou mos van bietjie lyf, braai en bier,” skerts hy.

Die model is juis nie skaam om lyf te wys terwyl sy onder meer ’n stewige dubbelkajuitbakkie was, in ’n swembad bier tussen haar borste gooi of ’n vars plaasbrood en die gleuf van haar welbedeelde buuste met stroop smeer nie.

Ons wou weet: Hoe hanteer hy die kritiek?

“Dit is soms moeilik, maar ek is darem al lank in die game, 20 jaar. ’n Mens moet dikvellig wees. Dit is nie net aanhangers wat die video gekyk het nie, dit is ook internet trolls, wat niks goed oor enigiets te sê het nie. Darem is die video al meer as 100 000 keer gekyk, dit sê iets!

Louis du Plessis, Snotkop se bestuurder, het dit beaam.

“Snotkop is al lankal nie meer nét die stoutgat-seun van die bedryf nie,” vertel hy.

Snotkop het baie sukses met sy meer ernstiger en rustiger snitte soos Song vir my dad en Cool soos Koos Kombuis, vermag.

“Vier of vyf jaar gelede sou geen haan gekraai het nie, toe het dit nog by Snotkop se image ingepas,” meen hy.

Louis is verbaas dat die video vir televisie afgekeur is.

“Hulle hoef dit mos nie tussen 7de Laan en die nuus te speel nie! Ek dink elkgeval nie dit is so suggestief of seksueel soos wat hulle dit nou wil uitmaak nie.”

KYK DIE VIDEO HIER (MAAR PASOP, DIS NOGAL WILD!):

Plaaslike sterre het dié raad vir vanjaar se matrieks

$
0
0

Hulle skitter vandag op die silwerdoek, kassie en verhoog, maar die plaaslike sterre Leandie du Randt, Je-ani Swiegelaar, Marno van der Merwe, Simoné Nortmann en Angelique Gerber het ook eens ure lank op skoolbanke gesit en ná 12 jaar se harde werk hul matriek-eindeksamen geskryf.

En ja, by hulle het die senuwees ook maar geknaag. Hulle deel hul vasbytwenke en raad met matrikulante wat nou die eindeksamen aandurf.

Simoné Nortmann



“Jy is op die drumpel van ’n hele nuwe wêreld! Jy is amper klaar met die grootste hoofstuk van jou jongmenslewe. Sit alles in wat jy kan. Eindig sterk,” is die Vir die Voëls-aktrise se raad aan matrikulante.

“Moenie die aand voor jou vraestel begin leer nie. Moenie raai wat in die vraestel gaan wees en sekere studiemateriaal heeltemal uitlos nie. Maak eerder seker jy verstaan waaroor jy skryf. Kry elke aand sewe uur se slaap in.

“Ná 12 jaar van heeltyd-weet-wat-voorlê in skool is dit normaal om onseker te voel oor wat ná skool wag. En hoewel dit vreesaanjaend is, is hierdie eintlik die opwindende deel.

“Ek het beplan om teologie te studeer en toe ek ná dag een besluit dis nie vir my nie, het my toekoms nie ineengestort nie. Die Here weet wat Hy vir jou beplan. Jy sal uitkom waar jy moet wees.”

Sy het in 2008 aan die Hoërskool Centurion gematrikuleer, maar kan nie veel van haar eindeksamen onthou nie, “behalwe dat ek angsbevange was oor enige wiskundevraestel”.

“Ek sou altyd in ’n koue sweet uitslaan, kalmeerpille drink endie hele familie kry om saam te bid. Ek het in gr. 10 wiskundegeletterdheid geneem, maar steeds groot angs ervaar wanneer ek moes skryf. Toe ek uitvind ek het my onderskeiding gekry, was dit amper groter nuus as toe ek ná die derde keer my rybewystoets deurgekom het. My gunstelingvakke was Duits, geskiedenis en drama. Ek is nie lief vir syfers nie.”

Leandie du Randt

Leandie du Randt het aan die Hoërskool Jeugland in Kempton Park gematrikuleer en op 10 November 2006 haar laaste vraestel geskryf. “Ek het ná dit by die skool uitgestap en kliphard gejuig. Al ons vriende het dit saam gaan vier,” sê die aktrise, TV-aanbieder, motiveringspreker en skrywer van die boek Gemaklik in Jou Eie Lyf.

“Dit is nou amper verby, so druk net vir die laaste keer deur,” raai sy matrikulante aan.

“Moenie net leer om deur te kom nie; leer hard sodat jy jou beste kan doen. Dit beïnvloed jou toekoms en dit is jou laaste kans, so trek jou sokkies op en doen jou bes sodat jy nie spyt is nie.

“Begin vroegtydig studeer sodat jy nie twee dae voor die tyd paniekbevange raak nie. Met meer dae, kan jy minder uur per dag studeer.

“Leer op ’n manier wat vir jou werk, selfs al moet jy vir jouself ’n storie uitdink om goed te onthou. Ons almal onthou goed op verskillende maniere.”

Lees ook: Al agt hierdie SA bekendes was in dieselfde skool!

Leandie bied tans die gewigverliesprogram Slank op kykNET aan en meen ’n gesonde balans is die sleutel.

“Leer 45 minute lank en vat dan vir 15 minute ’n blaaskans. Drink heeltyd water; dit voed jou brein en hou dit vars. Eet gesonde kosse soos vars slaai en groente wat jou bloedsuikervlak stabiel hou. Stysel en verwerkte kosse maak ’n mens moeg.

“Kry hulp as jy iets nie verstaan nie. Daar is niks fout daarmee om hulp te kry nie. Ek het vir sekere vakke ekstra klasse gehad sodat ek daarin op my beste kon presteer.”
En vir matrikulante wat nog onseker is oor wat ná skool voorlê sê sy: “Studeer of doen iets waarvan jy hou en waarvoor jy ’n passie het. As ’n mens doen waarvan jy hou en waarmee jy goed is, sal jy suksesvol wees. En as jy nog nie weet nie dan is dit ook orraait. Baie mense verander hul loopbane vier keer in hul lewe. Daar is nie reëls in die lewe nie.”

Angelique Gerber



“Beplanning is alles: Beplan wanneer jy watter vak moet opsom en leer, en beplan hoeveel jy moet opsom of leer om betyds deur alles te kan werk,” sê die Dis Koue Kos, Skat-aktrise. “Moenie alles tot op die laaste minuut los nie; met beplanning sal jy soveel rustiger voel en wees.”

Sy vertel die lewe ná skool is ongelooflik, maar dat matrikulante gereed moet wees vir baie lesse – wat ’n mens soms op harde maniere gaan leer.

“Dit is alles deel van grootword en verantwoordelikheid begin neem vir elke keuse wat jy maak. Ons almal gaan daardeur. Wanneer jy foute maak, staan net weer op en probeer weer of neem wyser besluite. Jy is nou vir jouself verantwoordelik, so neem besluite waarop die toekomstige jy trots sal wees.”

Angelique, wat in 2001 aan die Hoërskool Hugenote in Springs gematrikuleer het, beklemtoon watter belangrike rol ’n sterk ondersteuningsnetwerk speel.

“Hoewel ek nie altyd lus was vir leer en voorbereiding nie, het ek ’n ongelooflike ma gehad wat my heeltyd gemotiveer het om my bes te doen vir my toekoms. Ek het ook goeie vriende gehad wat my geïnspireer het om beter te vaar en harder te leer. Ons toekoms was vir ons baie belangrik en ek is so dankbaar dat ek goeie vriende gehad het wat ’n positiewe invloed op my gehad het.

“Ek het regtig my geleerdheid ernstig opgeneem. Ek hoor altyd baie mense wat sê: ‘As ek moet teruggaan skool toe, sal ek stouter wees of meer nonsens aanvang, maar ek sal weer dieselfde doen, weer so hard leer en goed voorberei.’

“Dit het daartoe gelei dat ek sielkunde kon studeer en danksy my graad het ek ná my studie ’n goeie geleentheid in Londen gekry. So kon ek genoeg geld spaar om my eie woonstel met meubels te koop en vir my dramastudie te betaal. Harde werk is die moeite werd!

“Doen jou voorbereiding, leer hard en God sal sorg vir die res.”

Je-Ani Swiegelaar

A photo posted by @jeaniswiegelaar on

“Wie nie leer nie, kom nie deur nie, en dié wat suip, gaan beslis druip,” slaan die Binelanders-aktrise die spyker op die kop.

“As jy skryf vir ’n A, maar geleer het vir ’n C, kan jy niemand anders behalwe jouself blameer nie.

“Dit help nie om nie te slaap nie, en dit help beslis nie om alles op die nipper in jou kop te probeer prop nie. Werk elke dag ’n oefensessie van 45 minute in, want dit help jou om rustiger te raak en gee jou uitgeputte brein suurstof.”

Lees ook: Oud-7de Laan-ster se tien wenke aan matrieks op hul laaste skooldag

Wanneer Je-ani terugdink aan haar eindeksamen aan die Hoërskool Menlopark in Pretoria in 2004, onthou sy hoe “ek die hele tyd gewonder het of ek genoeg ingesit het en of ek my werk ken. Ek was maar op my senuwees.”

Sy sê ook; “As jy nie van die begin af weet wat jy wil doen nie, moenie net gaan studeer omdat almal dit doen nie. Jy gaan geld, tyd en energie mors (en jou ma en pa die hoenders in maak). Maak eerder seker of neem ’n oorbruggingsjaar. Dit is die beste ding om jou passies te volg, nie die geld nie. As jy nie hou van wat jy doen nie, gaan geld niks beteken nie.”

Marno van der Merwe

Noudat hy terugdink aan sy matriekjaar aan die Hoërskool Rustenburg in 2003, onthou die akteur en sanger hoeveel hy skool geniet het.

Sy goue raad aan matrieks is om nie die langvraag heel agter op ’n vraestel oor te slaan nie. “Drink baie water en slaap genoeg,” voeg die Varsity Sing-aanbieder by.

Die spanning van sy biologie-eindeksamen sal hom altyd bybly. Hy kon die aand voor sy eksamen geen leerstof opspoor nie. “Seker omdat ek die hele jaar die meeste van my vakke se werk in een boek gedoen het en ek nie veel in die biologieklas was nie,” bieg Marno.

“Ek het die aand voor my eksamen meisies in my klas gebel om vir my van hul werk te faks. Ja, daai tyd het ons nog mekaar gefaks.” Hy sal glad nie die onsekerheid aanbeveel nie en is dankbaar dat dinge wel goed afgeloop het.

Dis wanneer Theuns Jordaan hoor of hy by AIG-konsert gaan optree

$
0
0

Theuns Jordaan sal Donderdag weet of hy volgende maand by die Afrikaans is Groot (AIG)-konsertreeks gaan deelneem. Waarnemende regter Corrie van der Westhuizen het Dinsdagmiddag gesê hy sal Donderdag om 10:00 uitspraak lewer.

Theuns het heeldag in die voorste ry van die hofgalery van die hooggeregshof in Pretoria se dringende hof gesit en geluister hoe sy regspan sy saak uitspook om hom weer op die AIG-verhoog te kry.

AIG het hom vroeer vandeesmaand laat weet hy is nie meer deel van die konsertreeks nie.

Van der Westhuizen het Dinsdag aan adv. Christo Zietsman, Theuns se regsverteenwoordiger, gesê “his bluff is called“.

“Theuns het gesê hy teken die kontrak onder twee voorwaardes. As die twee voorwaardes nie nagekom word nie, gaan hy nie deelneem nie. Dit is wat hy sê.

His bluff was called.

Na die hofverrigtinge verdaag is, het Theuns gesê hy kan nog nie enige kommentaar lewer nie.

Musieklegende Taliep Petersen se lewe met huldeblykkonsert gevier

$
0
0

Tien jaar het reeds verloop sedert die tragiese dood van die musieklegende Taliep Petersen. Plaaslike kunstenaars, onder wie sy jare lange musiekvennoot, David Kramer, gaan Taliep se lewe nou met ’n huldeblykkonsert vier.

Dit word op Saterdag 29 Oktober in die Grand Arena by die GrandWest-casino in Kaapstad gehou. Dit beloof om ’n makietie soos min te wees, en die kaartjies het soos soetkoek verkoop.

Die sanger en TV-persoonlikheid Emo Adams, wat die konsert vervaardig, is net een van vele plaaslike kunstenaars wat deur die Kaapse musieklegende geïnspireer is. Taliep was bekend vir sy gewilde musiekblyspele, soos Ghoema en Kat and the Kings, wat tot op Broadway in New York gedraai het.

Emo was nog ’n jong knapie toe hy Taliep vir die eerste keer ontmoet. Hier deel hy van sy kosbaarste herinneringe aan die musiekman, wat op sy dag bekend was as Kaapstad se Mr. Entertainment.

Hoe oud was jy toe jy Taliep ontmoet?
Ek was sewe jaar oud toe ek hom en David by die Baxter-teater in Kaapstad ontmoet. My broer, Loukmaan, het ’n oudisie afgelê vir die verhoogproduksie District Six: The Musical. Ek, my pa en Loukmaan het verby al die ander seuns geloop wat ook oudisies vir die rol aflê.

Tot reg voor, waar Taliep by die klavier gesit het. David het langs hom gestaan. Taliep sê toe: “Loukmaan, gooi vir hom ’n paar Nederlandse draaie daar!” Loukmaan het so gemaak en David het die rol op die plek vir hom gegee. Ek onthou ek het nie baie gesê nie, want ek was in verwondering oor die twee celebrities voor my.

Hoekom het julle besluit om nou hulde aan hom te bring?
Ek het vir Ashur (Taliep se enigste seun) by die lughawe raakgeloop, toe vertel hy my sy pa is vanjaar 10 jaar oorlede. Hy het daaraan gedink om ’n klein, intieme huldeblyk te hou, maar toe sê ek: “As jy jou pa gaan eer, moet almal daarin deel. Jou pa was die seun van die Kaap, almal het hom liefgehad en sy musiek geniet.”

Ek het gaan sit en dink, teruggegaan na Ashur en voorgestel ons kry ou cast members wat saam met Taliep gewerk het en vra hulle om by die konsert op te tree.

Hoekom is dit vir jou so belangrik om sy lewe en nalatenskap te vier?
Dis nie regtig ’n viering nie; dis meer ’n huldeblyk en ’n manier om respek te betoon. Ek wou deel wees van geskiedenis en greatness.

Dit was ’n geleentheid om ’n vertoning van dié kaliber te vervaardig en ek wou aan myself wys ek kan ’n stukkie van ons geskiedenis weer mooi maak. Boonop was dit die ideale geleentheid om alles te wys wat ek tot dusver by Taliep, David en my ouers geleer het.

Wat is van jou kosbaarste herinneringe aan Taliep?
Met ons laaste vertoning het ek, Taliep, Alistair Izobell en Nur Abrahams opgetree. Taliep het Klop-Klop gesing en iemand in die gehoor sê toe hy kan dit nie sing nie, want dis Emo se liedjie.

Hy sê toe: “Broertjie, ek het dan die liedjie geskryf. Hoe kan jy sê dis Emo se liedjie?” Toe kom hy na die agterkant van die verhoog en sê: “Van nou af gee ek Klop-Klop vir jou, want blykbaar kan ek nie my eie liedjies sing nie.” Ek kon sien hy bedoel dit, want hy het dit met soveel grasie gesê.

Wat kan aanhangers van die konsert verwag?
Dit is nie veronderstel om ’n emosiebelaaide, hartseer vertoning te wees nie, maar sodra jy na die lirieke luister, begin jy huil. Met elke liedjie besef jy watter ongelooflike man hy was. Ons was baie versigtig met watter David- en Taliep-liedjies ons kies.

Ons het jong en ou kunstenaars gekry wat deur Taliep beïnvloed is; hulle gaan sing. Aanhangers moet net hul ongelooflike herinneringe en sneesdoekies bring.

Wat is jou gunstelingliedjies van hom en en gaan aanhangers dit ook kan hoor?
Queen of Hearts is my gunsteling. Ons speel dit elke Valentynsdag en ek is mal oor die musiekblyspel.

Watter lewenslesse het jy by hom as gesinsman en musikant geleer?
Ek onthou hy het ná 20:00 geen oproepe beantwoord nie, want dan is dit familietyd. Hy sit by sy familie, eet saam met sy familie – dit was daardie soort respek en belangstelling in sy familie wat ek bewonder het.

As dit kom by musikant-wees, kyk ek daarby verby. Met hom en David het dit altyd gegaan oor die passie wat hy op die musiek toepas. Hulle was goeie leermeesters en ikone.

Het jy ’n baie goeie band met sy kinders? Sien jy baie van hom in hulle?
Ek het ’n paadjie met Ashur geloop en hy laat dink my baie aan myself omdat hy groot droom en aktiewe stappe doen om sy drome te bereik. Hy is ’n ongelooflike kitaarspeler, nes sy pa.

Ashur is baie talentvol! Ek het ’n nuutgevonde respek vir hulle almal. Hulle was ’n baie hegte familie; nou selfs meer. Dis ongelooflik om dit te sien. Dit is ’n voorreg om die konsert te vervaardig en ek wil hê mense moet die goeie goed onthou.

Viewing all 1013 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>