Riaan Manser en Vasti Geldenhuys is ’n paartjie wat die afgelope paar jaar bewys het dat geen avontuur té groot of té skrikwekkend is om aan te pak nie.
Julle is so pragtig. Baie dankie vir die lekker onderhoud vanoggend! xxx @vastigee @riaanmanser @zarsg @LongridgeWines pic.twitter.com/0N6KysyWJS
— Martelize Brink (@Martelizebrink) February 14, 2017
Deur die jare het die twee se lewensverhaal mense se verbeelding aangegryp. Riaan was die eerste avonturier om met ’n fiets om Afrika te ry en met ’n kajak om Madagaskar en Ysland te seil.
Die twee het in 1999 ontmoet maar Vasti sou eers in 2013 eerstehands uitvind in watter lewensgevaar haar geliefde hom so gereeld bevind toe hy vir haar New York gaan “wys”. Sy moes saam met hom roei om daar te kom.
"Spirit of Madiba" – name of our row boat – Africa to NYC. Mr Mandela passed the night we landed in Morocco. pic.twitter.com/Wsjo1gpWPm
— Riaan Manser (@riaanmanser) December 5, 2016
Hul laaste uitmergelende avontuur was hul wittebrood – maar ’n wittebrood met ’n baie groot kinkel. Die spane is weer nadergehark en die twee moes dié keer met Honeymoon die 4 000 km vanaf San Fransisco na Hawaii roei.
RT It's a honeymoon like no other! @riaanmanser & @vastigee cross the Pacific ocean and live to tell the tale. https://t.co/IEh1iZFWKz pic.twitter.com/G4KA0ZzZSO
— Carte Blanche (@carteblanchetv) October 28, 2016
Nou lê die derde – en gewis die grootste, lekkerste en uitdagendste – uitdaging vir die twee voor: ouerskap!
Riaan het skertsend op Twitter aangekondig dat Vasti vanweë al die regte redes nie vanjaar die uitmergelende Cape Epic-bergfietsren saam met hom kon doen nie omdat hulle in Oktober drie Mansers in die huis gaan wees.
Vasti cant do @CapeEpic with me. Not for the wrong reasons but for all the right reasons. Well be 3 MANSERS in OCT! Parenting advice welcome
— Riaan Manser (@riaanmanser) March 19, 2017
Sy spanmaat vir die epiese kompetisie is Denzyl O’Donoghue.
And here we go. Representing @Columbia_RSA at this 2017 @CapeEpic . pic.twitter.com/qNjqx0vkTv
— Riaan Manser (@riaanmanser) March 19, 2017