Quantcast
Channel: Bekendes – Huisgenoot
Viewing all 1013 articles
Browse latest View live

Mandoza se vrou maak hart oop oor breinkanker-diagnose

$
0
0

Toe ons in Mei vanjaar met Mandoza gesels het, was die sanger gesond en het hy gedink hy het sy stryd teen velkanker gewen.

Mandoza (Foto: Martin de Kock)

Mandoza (Foto: Martin de Kock)

Plaveiselkarsinoom, ’n soort velkanker, is in Junie verlede jaar by Mandoza gediagnoseer nadat hy pyn ervaar en uit sy regteroog gebloei het.

Maar net toe hy dink hy het dit geklop, het nog ’n skok die man agter die treffer Nkalakatha getref – die kanker is terug, dié keer in sy brein.

Lees ook: Hoe kan jy die moeilike pad met chemoterapie makliker maak?

“Hy het sowat twee weke terug gekla van hoofyn en probleme met sy oog, maar nie dieselfde oog as voorheen nie. Ons het besluit om na ’n oogkundige te gaan,” vertel sy vrou, Mpho.

“Dit het gevoel asof die geskiedenis hom herhaal, want dit het net soos laas geklink.”

Die oogkundige kon nie fout vind nie, maar het gevra dat hulle ’n MRI-skandering laat doen om te kyk of daar iets ernstigs skort. En dis hoe die paartjie tot hul skok uitgevind het die kanker is terug, maar dié keer het dit die brein aangetas en in ’n gewas ontwikkel.

Mandoza en sy vrou, Mpho. Foto: Martin de Kock

Mandoza en sy vrou, Mpho. Foto: Martin de Kock

“Dit is ’n ernstige toestand, maar tans nie kritiek nie, so my man is tuis en net soos voorheen glo ons dat ons dit hierdeur sal maak,” sê Mpho.

Hoewel Mandoza nog sterk voel en kan stap, praat, eet en skryf, voel hy by tye verward. Mpho het almal gevra om die egpaar in hul gebede te hou.

Lees ook: Huisgenoot-joernalis vertel: Só red jy ’n lewe binne net 90 minute

“Al die dinge eis in ’n stadium hul tol, maar ek is eintlik sterker. My geloof in God het my deur soveel dinge gedra en dit sal ons hierdeur ook kry. Ons het besluit om ’n persverklaring uit te reik en dit in die openbaar aan te kondig omdat ons voel hoe meer gebede daar vir ons kan wees, hoe beter.”

Mandoza gaan steeds Saterdag en op 24 September in die Orlando-stadion in Orlando, Soweto, optree.

– Shanaaz Prince


Nadia Beukes straal behoorlik dae voor sy afhaak

$
0
0

Die aktrise en televisie-aanbieder Nadia Beukes straal behoorlik enkele dae voor haar groot dag. Dié voormalige Boer Soek ‘n Vrou-aanbieder gaan Saterdag afhaak in die dorpie Wakkerstroom in Mpumalanga.

Haar aanstaande, David de Villiers, het Donderdag ’n prettige foto van die twee op Instagram gedeel waar hy skryf dat daar nog net twee dae voor die troue oor is. “Laaste fliekaand (#movienight) as enkellopendes met @nadiabeukes,” was sy woorde.

Nadia, wat deesdae ook die rol van die sportsielkundige Iva in Getroud Met Rugby vertolk, en David, ’n sakeman van Pretoria, is sedert Januarie verlede jaar ’n paartjie.

Hulle het deur gemeenskaplike vriende ontmoet terwyl sy een van die hoofrolle in die musiekblyspel Liefling by Montecasino vertolk het.

Nadia het hom vroeër aan Huisgenoot beskryf as ’n groot steunpilaar met baie begrip vir wat sy doen. “Hy is nie geïntimideerd deur die bedryf waarin ek werk nie. Ons vul mekaar goed aan. Ek leer by hom baie van sake, en ek dink ek bring weer die sagte kant in hom na vore.

Foto: Facebook

Foto: Facebook

“Ons het dieselfde humorsin, hou albei van kuns en goeie kos en familie is vir ons albei baie belangrik… Hy is sjarmant en goedhartig en beslis iemand wat die groter prentjie in gedagte hou.”

Baie geluk met julle groot dag, Nadia en David!

Al agt hierdie SA bekendes was in dieselfde skool!

$
0
0

Wat het die akteurs Leandie du Randt, Jacques Bessenger en Marco Spaumer, komediant Schalk Bezuidenhout, en televisie- en radio-aanbieder Elsa Esterhuizen in gemeen?

Nie net is hulle dikwels op die rooi tapyt of jou televisieskerm te sien nie, hulle was almal in die Hoërskool Jeugland in Kempton Park.

Maar die lys van bekendes hou nie daar op nie.

Germandt Geldenhuys, wat deesdae as Louis Koster in Binnelanders te sien is, het ook aan die Hoërskool Jeugland gematrikuleer. So ook Suzzi Swanepoel, wat die rol van Isabel in kykNET se dramareeks Sterlopers vertolk het. Die aktrise en sangeres Karen Wessels, wat onlangs in Fluiters te sien was, was ook daar op skool.

Fake scratch… makeup. On #fluiters set. #fun #nobotoxyet #ouch

A photo posted by Karen Wessels (@karenwvs1) on

Leandie du Randt

@sparladiespta challenge is here!!!! 💪🏻🏅🏆 #FrikkieFitness @bouwerbosch #IamGrateful

A photo posted by Leandie du Randt Bosch 🦄 (@leandiedurandt) on

Leandie, wat tans besig is met haar landwye toer om haar boek, Gemaklik in Jou Eie Lyf, te bemark, het in 2006 gematrikuleer. Sy het bekendheid verwerf toe sy in Getroud met Rugby te sien was en het die laaste paar jaar ook op die silwerdoek naam gemaak met fliekrolle in onder meer Die Windpomp, Mooirivier en Strikdas. Leandie was ook ’n gunsteling toe sy die rol van Ivanka Gouws in die kykNET-sepie Binnelanders vertolk het. Sy is verlede jaar met die sanger en televisie-aanbieder Bouwer Bosch getroud.

Wat is jou gunstelingherinnering van jou hoërskoolloopbaan?
Die Extravaganza(-skoolkonsert en revue) se oefening en optredes.

Watter soort leerder was jy op skool?
Ek was hoofmeisie. Ja, um, maar die soort wat nie noodwendig uit die hoof se kantoor gebly het nie. Ek was op ’n manier baie voorbeeldig, want ek is ’n trotse mens, maar ek wou hoofmeisie word om die skool ’n lekkerder en cooler plek vir die kinders te help maak. Ek het eers later besef dit gaan nie gebeur nie.

Was bekendheid en die vermaaklikheidbedryf jou droom toe jy op skool was?
Nog altyd, sedert ek een jaar oud was.

Jacques Bessenger

Ballade shoot almost a year ago.

A photo posted by @jacquesbessenger on

Jacques het in 1998 aan die Hoërskool Jeugland gematrikuleer en was onlangs in die flieks Sink, Ballade vir ’n Enkeling en Modder en Bloed te sien. “Ek skiet aan Keeping Score, ’n telenovela vir die SAUK,” sê Jacques. Hy is ook besig met voorbereiding vir ’n toneelstuk by Aardklop en sê daar is ’n nuwe fliek op die horison. Volgens Jacques wou hy op skool al akteur word en almal het sy droom ondersteun.

Wat was jou gunstelingvak op skool? Waarom?
Ek het Zoeloe gehad tot in matriek. Ons was die eerste groep wat dit as ’n keusevak kon kies. Ek hou baie van tale. Dit is regtig ’n baie mooi, fassinerende, komplekse taal om aan te leer. Dit het my aandag behou en ek hou daarvan om klik-klanke met my tong te maak.

Watter vak het jy glad nie geniet nie?
Houtwerk.

Wat is jou gunstelingherinnering van jou hoërskoolloopbaan?
Pouses was great! Ek het altyd by die snoepie mense geteister vir “las” om lekkers te koop. Ek was ’n dirigent in matriek. Ons het daai jaar weer ’n band gebruik. (Dit is vir ’n paar jaar nie gebruik nie.) Dit het die gees van die skool so wonderlik geraak. Die dag op interhoër was amazing! Die hele skool wat voor jou staan en skree en hop en spring was onvergeetlik. Dan was ATKV-Tienertoneel ook ’n oorweldigende ervaring.

Schalk Bezuidenhout

This is my in love with stand-up face. 📷 Louise Pieterse

A photo posted by Schalk Bezuidenhout (@schalkiebez) on

Schalk is tans te sien in die kykNET-komediereeks Hotel, is aanbieder van Die Kliek op die leefstylkanaal Via, en was al in ’n hele paar televisieadvertensies. Hy doen dikwels optredes as komediant en het selfs al vir Trevor Noah geopen voor een van sy optredes in Suid-Afrika. Schalk het in 2010 aan die Hoërskool Jeugland gematrikuleer. “Ek was net een jaar in elke graad,” sê hy.

Wat was jou gunstelingvak op skool?
LO (Lewensoriëntering), want die LO-onderwysers was net nooit daar nie. LO is die vak wat hulle gewoonlik aan ’n onderwyser toewys sodat die onnie wettig by die skool kan wees. Partykeer is daar ’n krieketmeneer en al wat hy wil doen, is krieket afrig. Of al wat hy wil doen, is hokkie afrig. Maar hulle kan hom nie wettig aanstel sonder dat hy ’n vak gee nie. Dan sê hulle, gee maar net LO. Sê vir die kinders om kondome te gebruik en vertel hulle van Aids. Dan het het jy jou werk gedoen. Hulle het nooit eintlik ’n veer gevoel vir die vak self nie.

Wat is jou gunstelingherinnering?
My gunstelingherinnering was 94.7 (’n optrede wat Schalk tydens byeenkomste op die skool se aantreeblad gedoen het, en waartydens hy grappige kommentaar gelewer het oor gebeure by die skool), want sonder dat ek dit geweet het, is dit waar my stand-up-loopbaan begin het. Jy weet, om kinders en onderwysers so voor die skool uit te haal. Ek het dit geniet.

Watter soort leerder was jy?
Ek was ’n goeie leerder op skool. Jy weet, soet. En ek het hard geleer. My grootste vrees was dat ek nie by ’n universiteit sou inkom nie, dat al my vriende universiteit toe sou gaan en dan is ek die ou wat in Kempton Park sit en elke aand in die Dros suip. Ek het dus baie hard geleer.

Elsa Esterhuizen

"In die nuus vanoggend…" #GROOTontbyt #kykNET

A photo posted by elsa esterhuizen (@elsaesterhuizen) on

Elsa was in 2009 in matriek en sê sy is dikwels uit die klas gejaag omdat sy nie kon ophou lag nie. Sy is ’n aanbieder by Groot FM en is ook weekdae te sien op Die Groot Ontbyt op kykNET.

Watter soort leerder was jy op skool?
Ek weet nie of ek een van die cool kinders was nie. Ek was beslis ’n nerd – my tuiswerk was my gunstelinggeselskap terwyl ek in die aande na Radio Sonder Grense geluister het. Ek was beslis nie ’n sportster nie, maar ek het in sommige jare aan kultuuraktiwiteite deelgeneem.

Sê nou jy kon teruggaan in tyd en vir jouself in gr. 8 gaan raad gee, wat sou jy sê?
Moenie so ernstig wees nie! Lewe ’n bietjie en vang meer kattekwaad aan!

Was bekendheid en die vermaaklikheidbedryf jou droom toe jy op skool was?
Ag, ek wou eintlik net my hart oor die radio deel. Dit was nog altyd my droom. Dit het nooit vir my gegaan oor die bekendheid nie. Ek dink die Lewensoriëntering-vraelyste en -opdragte het darem ook gehelp, aangesien dit duidelik getoon het dat ek op die regte pad is.

Marco Spaumer

Ons reël troue op Suidooster – Maandae tot Donderdae, 18:00 en 20:00 op @kyknettv 👨🏽💐👰🏾

A photo posted by Marco Spaumer (@marcospaumer) on

Marco, wat in 2009 gematrikuleer het, is weekaande te sien as die argitek Tim du Plooy in die kykNET-sepie Suidooster.

Watter soort leerder was jy op skool?
Ek het deur twee baie duidelike fases gegaan, van gr. 8-10 was ek die rebel en die onderpresteerder, maar in gr. 11 en matriek was ek op die leerlingraad en het ek amper al die kultuuraktiwiteite gedoen én akademies die top-10 gehaal.

Wat is jou gunstelingherinnering van jou hoërskoolloopbaan?
Repetisies en vertonings van ons jaarlikse Extravaganza, asook al die tyd in die mannekoor. En dan natuurlik my ongelooflike groepie vriende.

Keer aanhangers jou in die straat voor? Watter vreemde dinge het hulle al vir jou gesê of gevra?
Nou meer gereeld, as gevolg van die sepie se sukses. Ek het nog nie iets uitermate vreemds ervaar nie, maar is onlangs terwyl ek met vakansie was, deur ‘n Afrikaanse Italiaanse familie ingenooi om saam met hulle ‘n bier te drink en stories te vertel en te kuier.

Germandt Geldenhuys

“Ons het eintlik nader aan die Hoërskool Kempton Park gewoon, maar die keuse (om Jeugland toe te gaan) is gemaak op grond daarvan dat mense vir ons gesê het Jeugland was ’n goeie kultuurskool,” sê Germandt, wat in 2007 in matriek was. Hy speel nou Louis Koster in die sepie Binnelanders. Germandt het al baie teaterwerk agter die rug en was ook vroeër vanjaar by Emperors Palace in Sneeuwitjie te sien.

Watter soort leerder was jy op skool?
Ek was beslis ’n kultuurkind gewees – die kunste vloei vrylik in my bloed. Ek was lid van die koor, het redenaars gedoen en elke jaar aan die revue deelgeneem. Kunswedstryde was my kos. En toneelspeel, natuurlik. Dit is ook waar die toneelgogga my behoorlik gebyt het.

Wat was jou gunstelingvak op skool? Waarom?
Biologie was my gunstelingvak omdat ek ’n fassinerende onderwyser gehad het wat dié vakgebied op ’n passievolle manier aan die leerders oorgedra het. Ek het die menslike liggaam en die werking daarvan nog altyd mindblowing gevind.

Keer aanhangers jou in die straat voor? Watter vreemde dinge het hulle al vir jou gesê of gevra?
Soms. Dit is iets om aan gewoond te raak. Gewoonlik kom ek dit nie agter nie, maar ja – dit is seker maar iets wat gebeur wanneer ’n mens in een van die topsepies in Suid-Afrika speel. Ek het nou een aand na Nataniël se nuwe vertoning by Emperor’s Palace gaan kyk. Die tannie wat agter my staan, het my herken en my gevra of ek Louis Koster is. Ek het dit beaam. Omdat haar man op krukke was, het ek beleef gevra of hulle nie maar voor my in die ry wil staan nie – geen man moet so sukkel met krukke nie. Toe die omie verbystap, gly sy kruk effe en droogweg sê hy: “Ja, ek moes geweet het waar daar ’n Koster is, is daar net moeilikheid.”

Suzzi Swanepoel

#Sterlopers2 #6Jan #KanniWag #IsabelEnJacques

A photo posted by Suzzi Swanepoel (@suzziswanepoel) on

Suzzi was in gr. 8 toe Jacques Bessenger in 1998 in matriek was en hulle was daardie jaar saam in die skoolrevue. “Hy sê altyd hy sal nooit vergeet hoe ek Evita se Don’t Cry For Me Argentina gesing het nie,” sê Suzzi. Behalwe vir haar rol in Sterlopers, het sy ook aan haar debuutalbum gewerk, en dié word binnekort uitgereik.

Watter soort leerder was jy op skool?
Ek was gewild, maar ek was nie ’n prefek nie. Ek het elke pouse by ander mense gesit, wat in daai tyd eintlik ’n groot nee was, maar ek kon nie verstaan hoekom ek eksklusiewe vriende moes hê nie. Ek was ’n dirigent, maar het soms die 100 m-hekkies gehardloop as niemand anders wou nie, want, ag wat, as ek val, kan almal lag. Maar ek het nooit geval nie. Ek was by tye die nerd of die mal kind, want ek het nie mooi ingepas nie, maar dit het my nie so baie gepla nie. In die koor en revue kon ek myself uitleef.

Sê nou jy kon teruggaan in tyd en vir jouself in gr. 8 gaan raad gee, wat sou jy sê?
Sjoe, ’n paar goed. Om meer instumente te leer bespeel, om nie myself te verwyt omdat ek anders is nie en om sterker vriendskappe te leer bou. O, en om nie die heeltyd te dink ek is vet nie.

Was bekendheid en die vermaaklikheidbedryf jou droom toe jy op skool was?
Om te sing was altyd die droom gewees. Deesdae het ek ander drome en ontdek ek ander talente wat my ook besig hou, alles in die vermaaklikheidsbedryf. Om bekend te wees vir iets wat jy doen is net ’n bonus.

Hier is sewe GROOT Hollywood-vetes waarvan jy moet kennis neem

$
0
0

Dwayne Johnson, die rofstoeier wat ’n aksiester geword het, het vroeër vandeesmaand die hoofopskrifte gehaal toe hy ’n ongenoemde Fast 8-medester op Instagram aanvat oor sy onprofessionele gedrag op die stel.

Dit het tot ’n onderonsie gelei tussen hom en die ster waarna hy verwys het, vermoedelik Vin Diesel. Tog is die vete tussen dié twee nie die enigste Hollywood-vetes waarvan jy moet kennis neem nie.

Dwayne Johnson en Vin Diesel

Dwayne Johnson, die rofstoeier wat ’n aksiester geword het, het vroeër vandeesmaand die hoofopskrifte gehaal toe hy ’n ongenoemde Fast 8-medester op Instagram aanvat oor sy onprofessionele gedrag op die stel.

Geen naam is genoem nie, maar mense in die binnekring glo hy het van Vin Diesel gepraat toe hy ’n kollega ’n “banggat” noem. Vin het later op die sosiale media iets gedeel wat ’n kriptiese reaksie hierop kan wees: “Soveel het vanjaar gebeur. Ek kan nie glo ek het twee prente ná mekaar afgehandel waarby ek as akteur en regisseur betrokke was nie. Nou kry ek die kans om na my familie, my lewe, na myself terug te keer. Veroorloof my dus ’n oomblik, en ek vertel jou alles. Alles.”

Een om oor na te dink.

Channing Tatum en Alex Pettyfer

Alex Pettyfer het erken hy en sy Magic Mike-medester Channing Tatum het op die stel haaks geraak, maar hy het beken die vete was gedeeltelik sy skuld. Channing was bekommerd oor Alex se stoutseungedrag en het gereken dit hou ’n risiko vir die rolprent in.

“Die dinge wat ek in rolprente en by die bekendstelling van rolprente gedoen het, het daartoe gelei dat my verlede baie negatief was,” het hy in 2015 gesê. Die akteur sê hy het ’n waardevolle les uit die drama geleer en hy kan nou sien hy moes anders opgetree het. “Wat Channing sê, bly,” het hy gesê. “Hy is ’n rolprentster. Ek het die swak besluite geneem.” Alex het nie teruggekeer vir die opvolgprent van Magic Mike nie.

Jamie Foxx en LL Cool J

Jamie Foxx en LL Cool J se konflik in 1999 op die stel van Any Given Sunday het so handuit geruk dat die plaaslike polisie ontbied moes word. Die akteurs het luidens berigte tydens die verfilming van ’n toneel by die Pro Player Stadion in Miami handgemeen geraak. Sedertdien het die twee hul verskille opsygeskuif en selfs in 2006 saam opgetree.

“Wanneer jy volwasse is, het jy regtig nie tyd vir al daai getjommel nie,” het Jamie later aan MTV gesê. “Wanneer jy jonk is, is dit koel om jou hart op mou te dra. Maar ons is nou mooi groot.”

Julia Roberts en Nick Nolte

Julia Roberts en Nick Nolte was dalk ’n paartjie in die romantiese komedie I Love Trouble (1994), maar in die ware lewe lyk dit of niks verder van die waarheid kan wees nie. Julia het beweer haar medester het ’n chauvinistiese houding gehad en hom in ’n onderhoud as “totaal afstootlik” beskryf. Nick het teruggekap met: “Nie ’n aangename mens nie, almal weet dit.” Hulle het nooit weer saamgewerk nie.

Rachel McAdams en Ryan Gosling

Al het hulle een van die gewildste romantiese films in onlangse geskiedenis gemaak, het Rachel McAdams en Ryan Goslin nie altyd op die stel van The Notebook met mekaar oor die weg gekom nie. Nick Cassavetes, regisseur van die 2004-treffer, het onlangs onthul die twee kon eenvoudig nie saamwerk nie. Hul verhouding was glo so plofbaar dat Ryan in een stadium gevra het Rachel moet van die stel verwyder word.

“Ryan het na my toe gekom, daar was 150 mense in hierdie groot toneel, en gesê: ‘Nick, kom hier,’” het hy aan VH1 vertel. “Hy was besig met ’n toneel saam met Rachel en het gesê: ‘Sal jy haar hier uitvat en ’n ander aktrise inbring om weg van die kamera af saam met my te lees? Ek sê toe: ‘Wat?’ En hy antwoord: ‘Ek kan nie. Ek kan dit nie saam met haar doen nie. Ek kan net nie enige sin hierin sien nie.’”
Die tweetjies het eindelik hul verskille opsygeskuif en twee jaar lank, tot middel 2000, uitgegaan.

Bill Murray en Lucy Liu

Jy dink dalk Bill Murray is die soort ou wat met almal oor die weg kom. Tog het die akteur en Lucy Liu, sy medester by Charlie’s Angels, eenkeer ’n allemintige onderonsie op die stel gehad. Luidens berigte het Bill die ster tussen opnames beledig. Dit het tot trane en ’n woedeuitbarsting gelei en die regisseur, McG, moes ingryp. McG het later beweer Bill het hom selfs met die kop gestamp.

Bill het egter in 2009 tydens ’n onderhoud met The Times in Brittanje gesê dis onwaar. “Dit is s*****! Dis heeltemal k**! Ek weet nie hoekom hy die storie opgemaak het nie,” het hy gesê. Nodeloos om te sê, Bill het geweier om deel te neem aan die opvolgprent, en wyle Bernie Mac het eindelik sy rol oorgeneem.

James Franco en Tyrese Gibson

In die boksfliek Annapolis (2006) moes James Franco en Tyrese Gibson teen mekaar baklei. Dit wil egter voorkom of daar hoegenaamd geen toneelspel in die tonele was nie. Tyrese het beweer James het hom dikwels tydens ’n opname met alle mag geslaan. Die volgende jaar het Tyrese in ’n onderhoud met die tydskrif Playboy verklaar die voorval het daartoe gelei dat hy nooit weer saam met die akteur wou werk nie.

In ’n latere onderhoud met die tydskrif Complex het James volgehou hy het niks teen Tyrese nie. “Ons het vrede gemaak, of ek het met hom probeer vrede maak. Ek het my miskien te veel ingeleef in daardie rol. Ek probeer om nie in ’n rolprent teenoor enigiemand gemeen te wees nie,” het hy gesê.

© Cover Media

Sosiale media gons na nóg ’n bekende paartjie afhaak

$
0
0

Anna Camp en Skylar Astin, medesterre van Pitch Perfect, het afgehaak.

Massive congratulations to Sky & Anna. What an absolutely beautiful wedding.

A photo posted by Rebel Wilson (@rebelwilson) on

Die paartjie het Saterdag tydens ’n buitelugseremonie aan die kus van Sentraal-Kalifornië getrou, berig People.com.

Anna en Skylar het omtrent ’n sterbelaaide gastelys gehad, insluitend Brittany Snow wat saam met hulle in Pitch Perfect verskyn het as strooimeisie.

Rebel Wilson en Elizabeth Banks was albei ook in die gevolg. Buiten vir haar rol in die Pitch Perfect-prente, was Elizabeth ook die regisseur van Pitch Perfect 2.

Albei het ook foto’s in sosiale media gedeel.

Guess who's getting married today? HINT: it's not me x

A photo posted by Rebel Wilson (@rebelwilson) on

Rebel het die mooiste foto’s op Instagram gedeel. In een van die foto’s verskyn ’n glimlaggende Anna saam met Skylar wat haar omhels (sien bo). Sy het ook ’n collage op Twitter gedeel met die byskrif: “Het vandag die heerlikste tyd deurgebring by Sky & Anna se troue. Wat ’n talaentvolle, pragtige paartjie x.”


Elizabeth het op pad na die Pitch Perfect-troue, ’n selfie opgelaai en uitgeroep sy was “nogal erg opgewonde” om die paartjie te sien trou.

Pretty excited to watch @therealannacamp and @skylarastin get 💍🎩🍾

A photo posted by Elizabeth Banks (@elizabethbanks) on

Brittany Snow het ’n oulike foto van haar, Anna en Skylar op Instagram gedeel waarin hulle high five. Sy het daarby geskryf hoe lief sy vir Anna en Skylar is .

Anna Kendrick, wat die rol van Skylar (28) se karakter se liefdesbelangstelling in die flieks vertolk, was glo nie by die seremonie nie.

Die 33-jarige bruid was geklee in ’n Reem Accra-rok met juweliersware van Neil lane, terwyl die bruidegom uitgetof was in ’n pak wat op bestelling gemaak is deur Ermenegildo Zegna.

Die bruid het na afloop van die seremonie ’n foto van rose gedeel en gesê dit is “hoe my hart op die oomblik voel. Dit loop oor van skoonheid en liefde”.

Pitches representing x

A photo posted by Rebel Wilson (@rebelwilson) on

Anna en Skylar het mekaar in 2012 tydens die verfilming van die eerste Pitch Perfect-prent ontmoet. Hulle het ’n jaar later begin uitgaan en aan die begin van vanjaar verloof geraak.

Dit is Anna se tweede huwelik – sy was van 2010 tot 2013 met die akteur Michael Mosley getroud.

© Cover Media

Geliefde Grey’s Anatomy-ster bevestig sy keer ‘nooit weer’ terug na reeks nie

$
0
0

Sandra Oh het heel moontlik ’n paar bewonderaars van Grey’s Anatomy lelik die herrie ingemaak toe sy bevestig het sy gaan nie terugkeer na dié mediese dramareeks nie.

Die 45-jarige Sandra het die reeks in 2014 verlaat nadat sy byna ’n dekade lank die rol van die uitgesproke dokter Cristina Yang vertolk het. Gerugte dat sy sou terugkeer na die fiktiewe Grey Sloan-Gedenkhospitaal in Seattle het rondgedwarrel sedert haar emosiebelaaide uittog twee jaar gelede.

Maar Sandra het egter diegene wat verantwoordelik was vir dié gerugte kortgeknip.

“Ek moet julle sê daai gerugte, ek weet nie wie hulle begin nie, maar dit is regtig moeilik,” het sy by die Internasionale Filmfees in Toronto aan Entertainment Tonight gesê.

“Nee, ek het geen planne om binnekort na Grey’s Anatomy terug te keer nie,” het sy bevestig.

Sandra het in April vanjaar geheimsinnig gereageer oor ’n moontlike terugkeer na die reeks wat al jare lank aan die gang is. “Ek hou van die feit dat daar gerugte is,” het sy aan die LA Times gesê.

Bowendien was bewonderaars van Grey’s Anatomy buite hulleself van vreugde toe die aktrise in Junie met Kevin McKidd, haar voormalige eggenoot in die reeks, herenig is.


Sandra het selfs kommentaar gelewer oor sy karakter se nuwe TV-vrou, Caterina Scorsone. “Kyk net wie het mekaar gistraand ontmoet vir martini’s en skinder! Julle kan daarop wed dat ons Owen se onlangse huwelik met Amelia bespreek het!!!” was haar byskrif by die kiekie op Twitter.


“So baie liefde aan @caterinatweets Yay Canada. Maar hy’s Myyy Tv man!” het sy in die plasing geskerts.

© Cover Media

Kyk: Céline Dion se verborge talent gaan jou verstom

$
0
0

Céline Dion is bekend as die vrou met die ongelooflike stem, wat ‘n ballades so kan sing dat dit tot in jou siel deurdring.

Maar toe kry die bekende kletskoningin Ellen DeGeneres haar om van haar tot-nou-toe onbekende talente in die ateljee te deel! Die gevolg is net pure pret.

Kyk hier hoe ontpop Céline in ‘n rapper van formaat.

Hartbrekende nuus vir Min Shaw

$
0
0

Hulle was 28 jaar lank baie gelukkig getroud. Maar die immergroen ster Min Shaw moes haar geliefde man, Willie van Blerk (76), gistermiddag aan prostaatkanker afstaan.

Min Shaw saam met haar man, Willie.

Min Shaw saam met haar man, Willie.

Die geheim agter die sukses in hul huwelik was “goeie kommunikasie, vertroue en om mekaar ruimte te gee”, het Min in 2014 op haar 80ste verjaardag by Hollywood Costumes in Krugersdorp-Wes gesê, waar sy saam met Willie en 200 vriende sommer ook haar 50 jaar in die bedryf gevier het.

“En dan moet julle ook soms op die bed bollemakiesie slaan! Ek kry dit natuurlik nie meer so maklik reg nie, maar dit sorg vir vreugde,” het sy nog met Willie geskerts.

“Ek voel nie oud nie en weet nie wat ouderdom beteken nie. Solank ek my gesondheid het, is alles nog reg.”

Willie het ’n jaar gelede ’n pyn in sy een been gekry en is dokter toe. Die prostaatkanker het toe reeds deur sy lyf begin versprei en hulle het dadelik met behandeling begin.

’n Rukkie daarna het die kanker verminder en hulle het selfs gehoop hy sou ten volle herstel, maar skielik het die siekte teruggeslaan en Min moes elke dag saam met Willie bly veg om hom gesond te probeer hou. Van Kersfees verlede jaar het hy baie gesukkel en agteruit gegaan.

Min Shaw en haar man, Willie.

Willie het oor die laaste paar maande baie agteruit gegaan.

In Februarie het hy en Min nog sy verjaardag by ’n kuierplek in Krugersdorp gevier en hy kon darem ’n stukkie eet van die steak waarvoor hy so lief was. “Ek het nog nooit sulke liefde tussen twee mense beleef nie,” vertel ’n vriendin. “Die omgee tussen hulle was byna tasbaar.”

Min het in Junie 1966 haar eerste plaat, Kleine Nagtegaal, uitgereik, maar die sopraan is veral bekend vir treffers soos Jy Is My Liefling en My Blonde Visserman. In 1967 het sy teenoor wyle Gé Korsten in die fliek Hoor My Lied gespeel en in 1968 was sy die blinkste ster in die land toe sy en Franz Marx saam in die rolprent Jy Is My Liefling optree.

Min sê sy bly gesond en pragtig deur reg te eet. “Ek drink en rook glad nie,” het sy haar skoonheidsgeheime verklap. “Maar die belangrikste is seker dat ek soggens wakker word met vreugde in my hart,” het sy bygevoeg.

Min vroeër vanjaar. Foto: Verskaf

Min vroeër vanjaar. Foto: Facebook

“En as dit nie daar is nie, moet jy self dinge vir jou lekker maak. Ek en my man het elke dag vrolik begin.”


Afrikaanse sanger se kind met varkgriep gediagnoseer

$
0
0

Die gewilde Juxebox-aanbieder Pieter Koen en sy gesin het verlede week omtrent bontgestaan ná twee van sy kinders ernstig siek word en die een boonop varkgriep onder lede gehad het.

pieter koen

“’n Ou skrik as jou kind begin kla sy nek is seer en hy sukkel om sy ogies oop te maak,” vertel dié sanger en grapmaker aan Huisgenoot.

Sy middelkind, Jayden (8), het verlede week gekla hy voel nie lekker nie. Pieter het hom hospitaal toe geneem en later gehoor hy is met varkgriep gediagnoseer. Jayden is dadelik in die hospitaal opgeneem.

En asof dit nie genoeg was nie, begin sy oudste, Juván (10), ook kla hy voel olik. Gelukkig kon die gesin sy griepsimptome spoedig sommer self reg dokter.

“Die dokter het verduidelik dis ‘n virus wat nou die ronde doen,” voeg Pieter by. Gelukkig lyk dit of dit nou heel goed met Jayden gaan. Pieter vertel sy agtjarige het binne ure ná hy in die hospitaal opgeneem is ‘n klankgreep aan sy ma, Lotie, gestuur waarin hy haar al singend vra om hom te kom haal.

“Kyk, hy is nie bang vir ‘n drip en ‘n rap nie,” spot Pieter. Jayden was gretig om uit die hospitaal ontslaan te word, want hy het die volgende dag ‘n wedren by die skool gehad wat hy vir niks wou mis nie.

Hier is Pieter se seun Jayden (middel) by die wedren ure na hy uit die hospitaal ontslaan is. Foto: Verskaf

Hier is Pieter se seun Jayden (middel) by die wedren ure na hy uit die hospitaal ontslaan is. Foto: Verskaf

“Ons het hom saam met sy maats in ‘n rolstoel om die atletiekbaan gestoot omdat ons nie wou gehad het hy moes hardloop nie,” vertel Pieter.

Gelukkig het hul jongste, Luné, die griep totaal vrygespring. Maar dit gaan deesdae goed met die res van sy gesin ook, verseker Pieter ons.

Intussen speel Pieter ook die radiostasies warm met sy nuwe enkelsnit Boobs, Boude en Bene waarvoor die musiekvideo onlangs uitgereik is.

Hoe lyk Angelique Gerber se oggendroetine in Japan?

$
0
0

Die Dis Koue Kos, Skat-aktrise woon op die oomblik vir ’n paar maande in Japan waar haar man, die Blou Bul-rugbyspeler Jacques Potgieter, vir die Munakata Sanix Blues uitdraf.

All the best with your game today my champ, I know it's going to be a tough one, but you're a tough guy! @jacquespotgieter7

A photo posted by Angelique Potgieter (@angeliquegerber83) on

Sy deel sedert die begin van die jaar graag videos op haar YouTube-kanaal waar sy aanhangers ’n meer intieme blik oor haar lewe gee en ook waardevolle leefstylwenke deel.

In haar nuutste video gee sy ons ’n kykie oor haar oggendroetine in Japan, van hoe sy soggens met haar natuurlike krulhare wakker word tot hoe sy haar huis regruk.

“Hallo Jacqueie,” sê sy in die video terwyl sy nog in die bed lê en oor haar babamagie vryf. Angelique en Jacques word in Desember ouers van ’n seun, wat ook Jacques gaan heet.

Jacques Junior's room! All whites, greys and light blues. @louwynroux creator of our owl mobile.

A photo posted by Angelique Potgieter (@angeliquegerber83) on

“Ek vryf altyd my babamagie, gee dit liefde en aandag,” sê sy verder in die video. Sy wys dan hoe hulle blyplek in Japan op die oomblik vol babaklere is terwyl sy op kaste vir baba Jacques se goedjies wag.

Sy gaan deur haar dagboek om haar dag te organiseer. Dan is daar die huistakies soos om skottelgoed te was en huis skoon te maak.

Haar oggende is ook die tyd wat sy soveel as moontlik tyd saam met haar man deurbring voordat hy ’n lang dag van oefening moet aandurf.

Sy verkies ook om altyd haar dag met vars lug en oefening te begin. Terwyl sy oefeninge doen – soos stap, draf en trappe klim – neem sy lang diep asemhalings sodat sy nie haar hartklop te veel opjaag nie. “Maar ek geniet dit om te oefen terwyl swanger is.” voeg sy by.

Dan kom die mooimaakroeitine van aantrek en velsorg. Angelique volg ’n veganistiese leefstyl en gebruik net organies produkte op haar gesig en vel.

Sy wys ook hoe lekker ’n veganis se ontbyt kan lyk. Sy eet graag ’n vrugteskommel met grondboontjiebotter, piesangs, bevrore bessies en chia-sade. Terwyl sy dit maak voeg sy by dat sy gek is oor grondboontjiebotter. “Dis my gunsteling. Ek kan letterlik nie ophou grondboontjiebotter eet nie. Ek dink dit is ’n craving.”

Ná haar ontbyt begin haar woelige dag van admin en werk.

Kyk hier na die video:

Oscar: Staat gaan petisie indien om te appelleer

$
0
0

Die staat sal ’n petisie indien om teen die lemnaeler Oscar Pistorius se vonnis te appelleer.


Dié petisie sal Vrydag by die appèlhof in Bloemfontein ingedien word, sê Luvuyo Mfaku, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag.

Die petisie word ingedien nadat regter Thokozile Masipa vroeër vanjaar die staat se aansoek om appèl teen die vonnis in die Pretoriase hooggeregshof met koste verwerp het. Masipa het gesê dat sy nie oortuig is dat ’n ander hof ’n ander bevinding sal maak nie.

Oscar, wat skuldig bevind is aan die moord op sy vriendin Reeva Steenkamp op 14 Februarie 2013, is tot ses jaar tronkstraf gevonnis.

Luvuyo sê sodra die petisie Vrydag ingedien is, sal die staat moet wag om te hoor of hulle uitgenooi gaan word om hul hoofde van betoog in te dien.

“Dan sal ’n datum vasgestel moet word wanneer die petisie geargumenteer kan word,” sê Luvuyo.

‘Hy was my grootste aanhanger’: Jennifer Zamudio oor haar moeilikste optrede ure ná pa se dood

$
0
0

Dit was die moeilikste optrede van Jennifer Zamudio se sangloopbaan.

jennifer1

Op 27 Augustus, net ’n uur voor sy vir ’n vertoning in Kuruman op ’n verhoog moes staan, het sy die slegte tyding gekry: Haar pa, René (80), is oorlede ná ’n 16 maande lange stryd teen longkanker.

Almal het verwag sy gaan die vertoning kanselleer. Sy het dit oorweeg. Maar toe onthou Jennifer haar pa se woorde: Moet nooit jou werk afskeep nie en gee altyd jou beste.

Sy het besluit om voort te gaan en die optrede aan haar pa, die rots in haar lewe, op te dra.

Maar met die laaste liedjie, ’n Ster Vernoem na Jou, wat hierdie geliefde sanger moes sing, het sy gesukkel om die emosies terug te hou.

“Jy weet as jy opkyk na die Kalahari-hemel en die sterre is so naby, dit voel asof hulle aan jou neus raak? Toe ek daar staan en die lied begin sing, het ek dit nie gemaak nie. Ek kon dit ná vele probeerslae nie klaarmaak nie,” het Jennifer aan Huisgenoot gesê.

Sy moes eenvoudig huis toe gaan, terug Paarl toe, waar haar ma en ander familielede is.

Jennifer het ook haar optrede op die Gariepfees in Kimberley gekanselleer. Dit het op die dag ná René se gedenkdiens geval.

Jennifer en haar pa, René.

Jennifer en haar pa, René.

“My pa was die grootste aanhanger van my musiek gewees. Hy was my anker, raadgewer en die persoon met wie ek sou klankbord wanneer ek groot besluite moes neem,” vertel sy.

René het elke dag sy dogter gebel, ook ná optredes, om te hoor hoe dit met haar gaan en of sy veilig by die huis is. Jennifer en haar pa het ook op dieselfde dag, 15 Januarie, verjaar. Dit was vir albei baie spesiaal.

Lees ook: Splinternuwe musiekvideo en ander opwindende vooruitsigte vir Jennifer Zamudio

Longkanker is in April verlede jaar by René gediagnoseer. Hy het by sy vrou, Annie, in die Paarl gewoon, waar sy en ander versorgers hom opgepas het.

Kort voor sy dood was Jennifer besig om met haar nuutste album, Ongelooflik, deur die land te toer. Sy het twee weke by haar ouers gebly om tyd by haar pa deur te bring. Dit was die laaste keer dat sy hom gesien het. Sy het ook hierdie album aan haar ouers opgedra, wetend dat dit haar laaste album is wat haar pa sou hoor.

“Ek het tyd in my skedule gemaak om twee weke te gaan help om na hom om te sien. In een van ons laaste gesprekke het hy vir my gesê ek moenie my werk afskeep nie.

“Dit is waarom ek nie my vertoning die dag van sy dood kon kanselleer nie.”

René se verassingsdiens het op 2 September vanuit die Katolieke Kerk St. Augustine in die Paarl plaasgevind.

*René, of Rennie, soos hy bekend was, was self ‘n bekende man aan die Weskus. Sommige beskryf hom as “legendaries”. Hy was sy lewe lank ’n visserman op van die grootste visserskuite aan die Weskus en het die oseane deurkruis op soek na groot visvondse. Hy was aan die kus van Mauritanië toe Jennifer gebore is.

Hy was nog tot voor sy diagnose die voorsitter van die Weskus Pelagiese Vissers-pensioenfonds op Velddrif.

*Die van Zamudio is van Spaanse afkoms, en Jenifer se grootouers se grafte is op Mauritius. Jennifer het die grafte al twee keer besoek.

Siek Joost kry vir eers nie sy geld nie

$
0
0

Die voormalige Bokheld Joost van der Westhuizen se hofstryd teen die Getrouheidsfonds vir Prokureurs is nog nie verby nie.

joost-main

Dít kom nadat die Getrouheidsfonds Vrydag aangedui het hulle gaan teen waarnemende regter Lester Adams se beslissing twee dae tevore in die Pretoriase hooggeregshof appelleer.

Die regter het ná Joost se dringende aansoek in die hof beslis dat die fonds R385 665 wat sy eertydse prokureur Robert Klinkenberg in alle waarskynlikheid by hom gesteel het, met regskostes aan hom uitbetaal moet word.

Jerome Losper, die fonds se hoof van eise, het in ’n persverklaring gesê hulle het die regter se uitspraak bestudeer en hul regspan het hulle op grond daarvan gesê daar is grondige redes om teen die beslissing te appelleer.

Hulle voer aan al het hulle begrip vir die omstandighede waarin Joost hom bevind, die regter nie met betrekking tot ander hofsake  konsekwent opgetree het nie.

Jerome het aan Huisgenoot bevestig die appèl sal gegrond wees op regstegniese aspekte van Joost se verklaring in die hof oor waarvoor die geld aangewend moes word. Dié gronde word nog gefinaliseer en “hy wil nie hê Joost of sy regspan moet dit in die media lees nie”.

Die appèl gaan spesifiek handel oor die “spesifieke redes vir transaksies” waarvoor Joost die geld aan Robert betaal het, en waarvoor dit gebruik moes word en waarvoor die Getrouheidsfonds verantwoordelik gehou kan word.

Die fonds het as verweerder in die saak op die regsaspek gesteun dat hy net geld kan uitbetaal vir dienste wat gelewer moes word, maar wat beknoei is. Die fonds het aangevoer ’n trust is nie vir beleggingsdoeleindes nie en dat Joost gaan moet bewys watter “spesifieke redes vir transaksies” hy Robert in diens geneem het.

Die regter het aanvaar Joost het nie net die geld “belê” nie, maar wou dit ook byderhand hê vir dringende mediese kostes in die lig van sy terminale siekte.

Joost, wat terminaal siek met motorneuronsiekte in ’n rolstoel gekluister is, het Woensdag na die uitspraak eksklusief aan Huisgenoot per epos vertel hy is verheug oor die uitspraak en dat “dit sy kinders se geld is”.

Joost se twee jong kinders, Jordan (12) en Kylie (10), by die sangeres en aanbieder Amor Vittone, van wie hy vervreem is, sal nou egter nie dié geld ontvang nie,

Die regter het in sy uitspraak gesê hy aanvaar Joost se weergawe dat die geld wat hy betaal het aan sy eertydse sakevriend en prokureur Robert Klinkenberg, van Klinkenberg Incorporated in Roodepoort,  wat Desember verlede jaar vermoor is wanaangewend is.

Die Getroudheidsfonds het Joost se aansoek betwis en aangevoer Joost kon nie bewys Robert het die geld by hom gesteel nie. Die fonds het aangevoer hy moes dit eerder van Robert se boedel verhaal.

Klinkenberg is op 3 Desember verlede jaar vermoor.

Kyk watter oulike geskenk het Bobby sy spruite mee bederf

$
0
0

Daar is min dinge so mooi en behoorlik soos ‘n fris, volbloed perd. Behalwe, natuurlik, ‘n miniatuur-weergawe van dié perd!

Miniatuur perde soos Shetland-ponies is deesdae hoogmode en nou spog die sanger Bobby van Jaarsveld se drie kleingoed boonop elk met hul eie perdjie.


“Ja, ek het my hart verloor op hierdie drie!” het hy onlangs by ‘n foto van die drie perde op Instagram geskryf. Sy ma, Ronel Brink, het aan Huisgenoot bevestig die perdjies is al drie na sy en sy vrou, Annatjie, se drie kinders vernoem en heet Armani, Sion en Leben.

Dié miniatuur-perde is deesdae wêreldwyd gewild, in besonder nadat ‘n kostelike video van een wat danspassies uitvoer in 2013 en ‘n foto-reeks van dié perdjies in truie aanlyn ‘n oproer veroorsaak het.


Bronne: YouTube, Twitter.

Wonderlike nuus vir Amor Vittone!

$
0
0

Sy is al deur diep waters, maar Amor Vittone (44) kry dit altyd reg om aan te hou glimlag. Maar nou het dié sangeres en televisiepersoonlikheid ‘n rede om ekstra groot te glimlag.

Dié Italiaanse boerenooi het pas begin skiet aan ’n nuwe rol in die sepie 7de Laan en sal binnekort as die karakter Zelda aan kykers voorgestel word.

“Ek geniet die karakter vreeslik baie,” vertel Amor meer. “Sy is verskriklik selfversekerd; sy sê ’n ding soos dit is en sy het bietjie kommingeit in haar, so mens kan lekker diep gaan grawe. Dit is lekker uitdagend.”

Zelda is ’n familielid van iemand in Hillside wat in ’n paar mense se slaai gaan krap.

Amor het ’n opname wat haar dogtertjie Kylie (10) van haar geneem het vir die vervaardigers van 7de Laan gestuur. Toe gaan sy vir ‘n oudisie en word teruggeroep vir ‘n tweede en derde ronde. Sy het eindelik verlede Vrydag gehoor sy het die rol van Zelda losgeslaan.

“Dit is die eerste keer dat ek ’n sepie doen. Alles gebeur baie vinnig en jy moet sorg dat jy jou woorde ken. Jy moet die presiese woorde ken en mag nie improviseer nie. Dit maak jou emosioneel nogal moeg.”

Maar sy is vol lof vir die span by 7deLaan en sê almal is “amazing”. “Ons het ’n dialoog-afrigter wat ongelooflik baie help.”

Sy sê sy voel gemaklik voor die kamera, maar dit bly steeds vir haar ’n uitdaging. “As mens met akteurs hier gesels wat dit al lank doen, hoor jy dat hulle ook skoenlappers kry elke keer wat hulle ’n toneel doen.

“Dit was nogal oorweldigend op die eerste dag, maar dit was asof daar engele om my was en dit het goed gegaan. Daar is baie mense op stel en dinge loop soos ’n masjien.”

Die karakter, wat einde November vir die eerste keer verskyn, sal vir ’n maand in die sepie wees. Amor sê al is dit vir haar ’n aanpassing om lang ure te werk, het sy besluit om net een dag op ’n slag aan te pak.

“Gelukkig is my ma-hulle daar en help hulle waar hulle kan. Joost en sy verpleer sal ook help om die kinders by die skool te gaan haal.”

Amor sê sy was nog altyd bewus van die storielyne in 7de Laan, maar het dit nie slaafs gevolg nie omdat haar seun Jordan (12) gewoonlik die televisie op ’n sokkerkanaal het.

En hoe voel Joost oor die nuwe hoofstuk in haar lewe? “Hy is baie opgewonde en bly ek doen waarvoor ek lief is.”


Afrikaanse popprinses weer verloof!

$
0
0

Die geliefde Afrikaanse popprinses Karlien van Jaarsveld en haar kêrel van die afgelope paar maande, Joe Breytenbach, is verloof!

Die Geskeurde Jeans-sangeres het die nuus Saterdag op haar amptelike Facebook– en Instagram-blaaie bekend gemaak met ‘n nota: “Ek wil graag die nuus met julle deel voor die media doen.”

In die lywige inskrywing skryf Karlien Joe is “net ‘n gewone ou, met ‘n gewone werk wat lief is vir golf…en ‘n bier om te ontspan.”

Lees ook: Popprinses Karlien van Jaarsveld mesmeraais in skattige skoffelvideo saam met haar kêrel!

Sy vertel ook die man in haar lewe hou van sigare rook, Koos Kombuis se musiek en is lief vir kosmaak. Volgens Karlien het hulle al 11 jaar gelede in Potchefstroom ontmoet en “gesoen”, maar Joe het toe Frankryk toe gegaan en die verhouding het nie gevorder nie.

Maar toe maak Joe onlangs sy verskyning “uit die bloute uit” en met “‘n swart hemp, ‘n swart stywe jean met een baie groot glimlag” was hy terug in Karlien se lewe. Die res is, soos hulle sê, geskiedenis.

Die popster meen sy is “baie opgewonde” om die nuus met haar aanhangers te deel. Besonderhede rondom ‘n troudatum is nog nie bekend nie.

Karlien is in Oktober verlede jaar van die voormalige rugbyspeler Derick Hougaard geskei. Hulle het ‘n tweeling seuntjies saam wat in Desember 2013 gebore is.

Hollywoodster (60) gaan vir die NEGENDE keer pa word

$
0
0

Mel Gibson is slaggereed om volgende jaar vir die die negende keer pa te word. Hierdie 60-jarige ster en regisseur van Braveheart en sy 26-jarige vriendin, Rosalind Ross, verwag hul eersteling saam, het People.com bevestig.

69th Cannes Film Festival - 'Blood Father’- Photocall

Die nuwe baba sal Mel se negende wees, en die veteraan-akteur kan nie meer opgewonde wees nie. “Mel en Rose is so opgewonde oor die baba,” het ‘n goeie vriend aan die publikasie vertel.

“Mel is lief daarvoor om ‘n pa te wees en hy en Rose kan nie wag om saam ouers te wees nie. Die afgelope paar jaar (saam met Rose) was van die gelukkigste jare wat hy ooit gehad het.”

Die kleinding sal Rose, ‘n voormalige perderuiter en skrywer, se eerste wees.

“Sy is goed vir hom,” het iemand in die binnekring onlangs aan People.com gesê. “Sy het haar eie lewe, maar geniet skynbaar Mel se lewe ook…Hulle verkeer baie op dieselfde bladsy.”

Die blydskap rondom die nuwe kleinding is maar die jongste goeie nuus vir Mel nadat sy nuuste filmprojek, Hacksaw Ridge, ‘n 10-minuut lange applous by die onlangse Venesiese Filmfees in Italië behaal het.

Hierdie dramaprent wat tydens die Tweede Wêreldoorlog afspeel en spog met Andre Garfield (The Amazing Spider-Man) in die hoofrol, is op die lewe van Desmond Doss gegrond. Daar heers reeds gerugte dat die ster en regisseur dalk vir Oscars benoem gaan word vir hul werk aan die prent.

Mel het onlangs ‘n geskil met sy eks-meisie Oksana Grigorieva opgelos rankende onderhoudsgelde vir hul sesjarige dogter, Lucia. Mel en Oksana is in 2010 uitmekaar.

Die regisseur van The Passion of the Christ het ook sewe ouer kinders saam met sy voormalige vrou, Robyn, van wie hy in 2011 ná 26 jaar saam finaal geskei is.

© Cover Media

Kwaito-legende verloor sy stryd teen kanker

$
0
0

Die Suid-Afrikaanse kwaito-legende Mandoza is Sondagmiddag in die ouderdom van 38 oorlede ná ‘n kort kankerstryd.

Die Nkalakatha-sanger is vroeër Sondag hospitaal toe geneem, waar hy later beswyk het. Die SABC se Sthembiso Sithole het eerste die harsteer nuus op Twitter bekend gemaak.


Die nuus is later deur verskeie bronne bevestig. Mandoza, gebore as Mduduzi Tshabalala, het sowat ‘n week gelede bekend gemaak dokters het ‘n breingewas by hom gediagnoseer.

Lees ook: Mandoza se vrou maak hart oop oor breinkanker-diagnose

In ‘n verklaring wat sy familie in daardie stadium uitegreik het, het die sanger bevestig die breingewas was kwaadaardig en het intussen tot breinkanker oorgegaan.


‘n Woordvoerder van Mandoza se bestuursmaatskappy, Eaton Inc, het aan Huisgenoot bevestig dat die ster gesterf het. Hulle het voorts aangedui dat hulle nie in hierdie stadium enige verdere kommentaar sal lewer nie.

Die storie agter Mandoza se gewildste liedjie sal jou verbaas

$
0
0

Watter Suid-Afrikaner ken nie die liedjie Nkalakatha nie? Dis al ons land se nie-amptelike volkslied gedoop omdat dit Suid-Afrikaners van alle rasse en sfere saamsnoer.

Tydens die 2010 Wêreldbeker-sokkertoernooi is dit oor-en-oor in stadions gespeel. Die man agter hierdie ongelooflike gewilde liedjie, Mandoza (oftewel Mduduzi Edmund Tshabalala) is hierdie naweek in die ouderdom van 38 oorlede ná ‘n stryd teen breinkanker.

Maar glo dit of nie, Mandoza het niks daarvan gehou om hierdie ongelooflik gewilde liedjie van hom te sing nie.

“Ek is siek vir daardie liedjie; ek is so siek om dit die heeltyd te moet sing op die verhoog,” het die kwaito-legende al in ‘n onderhoud aan IOL gesê. “Ek doen dit nou al vir elf jaar. Moenie my verkeerd verstaan nie, ek is baie dankbaar die sukses daarvan, maar ek hou nie meer daarvan om dit tydens my vertonings te sing nie.

“Mense het my al vroeg in my loopbaan in ’n boksie gepak en ek het ’n kwaito-ster geword voor ek ’n musikant was. Nkalakatha was ’n treffer, maar mense moet aanbeweeg en fokus op wat ek doen,” het hy met die uitreiking van sy album So Fresh in 2012 gesê.

Die liedjie en die gelyknamige album, sy tweede een, het by die 2001 South African Music Awards in die kategorieë vir beste kwaito-album en liedjie van die jaar gewen.

Sedertdien het hy saam met baie uiteenlopende kunstenaars saamgewerk van Danny K tot Die Heuwels Fantasties.

In 2012 het Mandoza vir Nkalakatha ’n nuwe baadjie aangetrek en selfs ’n paar Afrikaanse lirieke bygewerk vir “rugby-entoesiaste”. “Ons gaan julle slaat want ons is kwaad, ons gaan julle druk, julle sal skrik,” sing hy in hierdie nuwe weergawe.

Kort na sy afsterwe het mense omtrent in sosiale media gegons. Hier is wat sommige oor sy mees bekende liedjie te sê gehad het:






Het jy nog altyd gewonder wat presies Mandoza oor sing in Nkalakatha? Hierdie liedjie se lirieke is in Zoeloe en Tsotsi-taal en kan nie direk na Afrikaans vertaal word nie. Hier is Nonzima Makandela, ’n Johannesburgse taalpraktisyn, se losweg-vertaling:

Ramkat! (x9)
Oe
Ek’t gesê hy’s jaloers omdat hy neersien op Mandoza se ritme
Hy’t my gesê wat sy probleem met my is en ons het dit soos manne uitgeklaar
Daar is niks fout nie, swaer. Maar jy moet maar jy moet maar agter jou kyk
Daar is niks fout nie broer, maar wees maar op jou pasoppens
Ag wat, kom ons gaan span bietjie saam uit
Hou op met jou jaloesie.

Bronne: enca.com, iol.co.za,

Protea-held haak af in Mauritius!

$
0
0

Die Protea-krieketspeler Quinton de Kock en sy liefie, Sasha Hurly, trou Maandag op die eksotiese eilandparadys Mauritius!


A photo posted by Sasha Hurly (@sashahurly) on

Onder die gaste wat op dié eiland toegesak het om te sien hoe Quinton en Sasha ewig trou aanmekaar beloof, is Quinton se Protea-spanmaats JP Duminy, Dale Steyn, AB de Villiers en David Miller.

The boys are finally off😎🍻🏌⛳️ #quinnysbachelors #mauritius2016 #dekockwedding

A photo posted by Sasha Hurly (@sashahurly) on

“Dis ’n klein, privaat troue met net ons naby familie en vriende,” het Sasha vroeër vanjaar aan Huisgenoot vertel. Die paartjie is al meer as drie jaar saam en het in Junie verlede jaar verloof geraak.

Die blonde skoonheid het Quinton se oog gevang toe sy destyds haar lyf by krieketwedstryde danseres gehou het. Hy het haar in Junie verlede jaar die jawoord gevra. “Ons het vir ontbyt by die Farm Inn in Pretoria gegaan en toe vra hy of ek in ’n privaat area op die plaas met hul babacheetahs wil speel,” het Sasha destyds vertel.

A photo posted by Sue Duminy (@sueduminy) on

Groot was haar verbasing toe sy die ring gewaar wat Quinton aan een van die katjies se bande laat vasmaak het. Praat van romanties!

Ons wed die paartjie se troue gaan net so ’n romantiese affêre wees. Van wat ons op Instagram aflei, gaan hulle tuis by die vierster-oord Le Victoria Hotel in Mauritius afhaak. AB se vrou, Danielle, het ’n kiekie van haar en Sasha wat ’n glasie klink op Instagram gedeel en daarby geskryf: “Jy gaan ’n pragtige bruid wees en julle gaan so gelukkig saam wees”.

BATchelorettes… 🍹🌴

A photo posted by Sue Duminy (@sueduminy) on

JP se vrou, Sue, het ook op Facebook en Instagram kiekies van hul tyd daar gedeel. Hieronder was foto’s van Sasha se henpartytjie. Die bruid het ook foto’s van Quinton en die manne se hanepartytjie op sosiale media gedeel en dit lyk of die spul hulle gate uit geniet. Sue het ook sommer die geleentheid gebruik om haar sexy bikini-lyf op die strand te wys.

Ons kan nie wag om die troufoto’s te sien nie! Hou dié spasie dop . . .

Viewing all 1013 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>