Quantcast
Channel: Bekendes – Huisgenoot
Viewing all 1013 articles
Browse latest View live

Nóg slegte nuus vir Jolie-Pitt-gesin te midde van egskeidingsdrama

$
0
0

Brad Pitt en Angelina Jolie het hul huis in New Orleans vir R66 miljoen verkoop.

Angelina het die wêreld in September geskok toe sy om ’n egskeiding aansoek doen en onversoenbare verskille as die rede aanvoer. Die paartjie, wat ses kinders het, is sedert 2005 saam en is in 2014 getroud.

Die voormalige paartjie het nou hul luukse drieverdiepinghuis in die Franse kwartier van die stad in Louisiana verkoop, volgens eiendomsrekords in die stad.

Die eiendomsagent Nina Killeen het die verkoop van die vyfslaapkamerhuis uit die 1830’s Vrydag bevestig. “Dit het vir ’n baie goeie prys verkoop. Dis ’n goeie ooreenkoms vir albei partye. Hulle is gelukkig met die uitkoms.”

Brad en Angelina het die huis in 2007 vir sowat R47 miljoen gekoop nadat die akteur die Make It Right-stigting op die been gebring het om die ontwikkeling van nuwe behuising in die stad se Lower Ninth Ward-buurt ’n hupstoot te gee ná die verwoestende orkaan Katrina in 2005.

En dit lyk of die huis in New Orleans nie al een is wat te koop is nie. Die paartjie het glo ooreengekom om Chateau Miraval, hul landgoed in die suide van Frankryk, ook op die mark te sit, berig US Weekly.

Hulle het die eiendom van 1200 akker, wat ’n wingerd insluit, in 2012 vir R810 miljoen gekoop.

Die twee besit ook ’n kasarm in die Los Feliz-buurt in Los Angeles en het ’n woonstel in die Waldorf Astoria Towers in New York.

© Cover Media


Kyk net hoe groot het Nianell se drieling geword!

$
0
0

Die sangsensasie Nianell se skattige drieling is lankal nie meer die drie babadogtertjies wat ons nog so goed onthou nie.

Dié driestuk, Tayden, Kaeley en Jade, is al ’n volle nege jaar oud en het boonop die grootste hart.

Nianell het die afgelope naweek ’n mooi boodskap, wat enige ouerhart sal vermurwe, by ’n foto van haar kleingoed op Instagram gedeel.

“Wat ek die meeste van my drie dogtertjies bewonder, is hoeveel hulle omgee en hoeveel deernis hulle het . . . vir mekaar . . . vir plante, diere en mense,” het sy geskryf.

“Gisteraand het ek gestruikel en geval en al drie het opgespring om my te kom help. Is jy oukei, Mamma?! Hulle het my opgehelp . . . selfs ’n kussing onder my seer voete gesit.

“Dit gee my hoop vir die wêreld. Kinders wat omgee.”

Die Who Painted the Moon-sangeres se drieling het Saterdag 30 Julie nege geword en sy haar bors het behoorlik geswel van trots en talle foto’s van haar dogters met haar volgelinge gedeel.

Today we've started with the ThetaHealing course Rainbow Children. This course assist all the special children and young adults and all of us that wants to help heal this world. I can't wait to get back home and teach my children all the new life changing skills Im learning over here in Montana at the Think Institute. Thank you again Vianna Stibal for sharing your wonderful gifts and knowledge with all of us. If you have a gifted child, keep an eye on my web site….Ill be teaching Rainbow Children soon in South Africa. #love #nianell #friends #greatness #music #singer #perform #blessed #beats #lfl #musician #artist #justbe #smile #caring #likeforlike #walmart #student #bigfork #thetahealing #montana #smile #love #vortex

A photo posted by Nianell (@nianellmusic) on

Dit lyk ook asof die ster haar drie “katjies” baie mis wanneer sy die pad aandurf om haar passie uit te leef.

Eksklusief: Hartseer nuus oor Francois Hougaard

$
0
0

Ag nee! Sê dit is nie so nie! Die Springbok Francois Hougaard en sy meisie van die afgelope jaar, Annebell van Heerden, se paadjies het geskei.

It's never easy to say goodbye 💔 Missing my beautiful lady @annebellvheerden

A photo posted by Francois Hougaard (@francoishougaard_) on

Annebell (23) het gister op Instagram ’n foto van haar in ’n bikini-top en kortbroek gedeel en daarby geskryf hoe sy langs die swembad uitspan. Onder die hutsmerke het sy geskryf: “die beste ding as jy uitmaak met iemand is die lyf wat volg”. (#bestthingaboutabreakupisthebodythatfollow)

A little 🌞day funday🌷 #poolside #chilledAF #sunday #weekendfeels 🐳🐳🍍🍍

A photo posted by Annebell (@annebellvheerden) on

Sy het intussen bevestig haar en Hougie se paadjies het geskei. “Nee, daar het niks verkeerd geloop nie. Dis maar net omstandighede,” het sy aan Huisgenoot vertel. Sy wou nie verder uitbrei oor dié “omstandighede” nie. Sy het wel bevestig dat sy en Hougie (28), sowat 14 maande saam was.

Hulle het verlede jaar deur gemeenskaplike vriende ontmoet by ’n restaurant in Pretoria, het sy vroeër aan ons vertel. Hulle het in Augustus verlede jaar begin uitgaan en het gereeld op sosiale media gekoer.

Francois het sover nog nie op sosiale media laat val dat hy weer ’n losloper is nie. Die twee het albei ’n week terug nog ’n foto van hulle saam op Instagram gedeel.

Francois het toe nog gesê: “Dis nooit maklik om te groet nie. Ek mis my pragtige meisie @annebellvheerden.”

💑

A photo posted by Annebell (@annebellvheerden) on

Annebell het nog op 1 September ’n oulike video van hulle saam gedeel met van hul spesiaalste oomblikke saam om hul jaar saam te vier.

Reminiscing… Thank you for the best almost 13 months❤️

A video posted by Annebell (@annebellvheerden) on

“Ek is so lief vir jou,” het Francois gekoer. “Dankie vir die wonderlikste 12 maande my lief. Ek kon nie vir ’n beter persoon vra om my lewe mee te deel nie. Ek is lief vir jou baba.”

Bobby van Jaarsveld se hartseer video oor hy nie vanaand kan sing

$
0
0

Die geliefde sanger Bobby van Jaarsveld het ’n roerende boodskap op Instagram gedeel waarin hy sy aanhangers om verskoning vra dat hy nie Maandagaand ’n vertoning by die Barnyard-teater in Parkview sal kan lewer nie omdat sy stembande ná ’n operasie verlede week nog nie ten volle herstel het nie.

Die Spieëltjie-sanger het verlede week vir die tweede keer vanjaar ’n operasie aan sy stembande ondergaan. Hoewel laasweek se operasie suksesvol was, is hy nog nie in staat om op te tree nie, sê hy.

In ’n hees stem begin Bobby die video deur eerstens sy aanhangers om verskoning te vra dat hy vanaand se vertoning in Parkview sal moet kanselleer. Hy brei dan uit oor verlede week se operasie. “Ek het gedink my stem gaan weer terug en reg wees, maar soos julle kan hoor klink dit nie goed nie en ek kan nie so op ’n verhoog klim en sing nie.”

“Ek is ongelooflik jammer daaroor,” sê hy, terwyl hy hoorbaar emosioneel raak en sukkel om die trane terug te hou. Volgens die sanger het hy die naweek daarin geslaag om een liedjie te sing, vermoedelik tydens ’n oefensessie.

Terwyl Bobby hard sluk, vra hy weer om verskoning. “Ek is regtig uit my hart uit jammer.”

Ronel Brink, Bobby se ma en bestuurder, het by navrae bevestig dat Bobby nog besig is om te herstel. “Ons wil nie regtig daaroor uitbrei nie,” het sy aan Huisgenoot gesê, “maar ons glo en vertrou hy sal teen komende Vrydag 100% reg wees.”

Volgens Ronel gaan Bobby Dinsdag weer dokter toe. Oor die oorsaak van haar seun se stembandprobleme is sy self onseker, sê Ronel. “Ons weet nie, ons het nie regtig antwoorde nie.”

Vanaand se vertoning word uitgestel tot verdere kennisgewing, maar Bobby bevestig in die video ’n nuwe datum gaan binnekort bekend gemaak word.

Ons hoop regtig jy word gou gesond, Bobby!

Dit gons oor sexy donkerkop aan Willie le Roux se sy

$
0
0

Oe-la-la! Het die Springbok Willie le Roux liefde gevind? Willie het Saterdag ’n kiekie van hom en ’n mooi donkerkop nooi tydens ’n uitstappie by die Shibuya-oorgang in die Japanse hoofstad, Tokio, gedeel en dié selfie het omtrent die tonge laat klap.

And the selfies are flying #shibuyacrossing #japanesestyle #japanlife ✌🏻🇯🇵🏻

A photo posted by Willie Le Roux (@wjjleroux) on

“Jou nuwe vrou?” wou sy oud-Bok-spanmaat Duane Vermeulen weet, terwyl sy mede-Bok Eben Etzebeth laat hoor het: “Jy’t nie gejok nie @wjjleroux”. Nog ’n aanhanger hoor skoon trouklokke. “Nou dink ek ons tyd wat ons kom is ideaal, dit lyk vir my ons het nou ’n rede om voor te kom! #troue!” het ene @lerouxjonker laat hoor.

So wie is dié sexy brunet wat Willie se hart glo bolmakiesie laat slaan? Ons het op sosiale media gaan snuffel en dit blyk sy is ene Adéle Truter. Adéle het op Instagram ’n foto van haar saam met ander vroue gedeel toe sy onlangs in Tokio ’n wedstryd van die Canon Eagles gaan kyk het – die einste span in Japan vir wie Willie uitdraf.

With these beautiful ladies today at the Canon Eagles game in Tokyo 💁🏻🙋🏼💁🏻🙅🏻

A photo posted by Adéle Truter (@adeletruter) on

Adéle het boonop Tokio omtrent verken. Ons wonder of Willie haar rondgewys het? Dis onduidelik of die twee net vriende is of meer as net pelle.

Takeshita Street Tokyo 🇯🇵👌🏼

A photo posted by Adéle Truter (@adeletruter) on

Van wat ons aanlyn aflei, is Adéle ’n oud-leerder van die Hoër Meisieskool Bloemhof op Stellenbosch. Sy het al onder meer op seiljagte gewerk.

Hier is vyf goed wat ons van Adéle uitgevind het op Instagram.

1. Sy het ’n tweelingbroer!

Reunited met Boeta 😌👌🏻 #twins #southafrica

A photo posted by Adéle Truter (@adeletruter) on

2. Sy is ’n straljerjakker van formaat. Spanje, Italië, Kroasië, Griekeland . . . Noem maar op en Adéle was daar!

Barcelona, you were a treat as always 💛 now, home time ✈️ #southafrica

A photo posted by Adéle Truter (@adeletruter) on

Chasing the sunset in Venice 🌅

A photo posted by Adéle Truter (@adeletruter) on

3. Sy hou van rockmusiek en was al saam met haar suster Desiré by ’n konsert van die Amerikaanse funk rockers Red Hot Chili Peppers.

Ready to rock this! 🤘🏻#redhotchilipeppers #rhcp @desitruts

A photo posted by Adéle Truter (@adeletruter) on

4. Die skoonheid is beslis nie bang vir lyf wys nie!

Bye bye Venice 😌👋🏻

A photo posted by Adéle Truter (@adeletruter) on

5 Sy’s ’n hondeliefhebber!

Seeing this little peanut soon 🐾

A photo posted by Adéle Truter (@adeletruter) on

Miss hierdie kleintjie alklaar 🐶 #stitchi #frenchie

A photo posted by Adéle Truter (@adeletruter) on

Oud-7de Laan-gunsteling vanaand weer terug in Hillside

$
0
0

Die geliefde Connie is Maandagaand weer terug in Hillside! Quinne Brown-Huffman, wat dié geliefde karakter vertolk, keer na ’n dekade weer terug na ons kassie in dié gewilde rol.

“Ons is baie opgewonde om een van ons gunsteling-karakters terug in die Laan te hê,” sê Rosa-Mari Erasmus, publisiteitsbeampte van 7de Laan.

A photo posted by Quinne Brown (@quinnebrown) on

Tien jaar is verby sedert ons Connie laas tussen Hillside en sy mense gesien het. Rosa-Mari sê kykers sal moet sien hoe die verwikkelinge oor wat alles die afgelope jare in haar lewe gebeur het, ontvou.

A photo posted by Quinne Brown (@quinnebrown) on

“Vanaand is sy net terug in Hillside. Van môreaand sal mense sien hoe die storie oor die afgelope dekade ontvou,” sê sy.

Quinne, wat kykers se harte gesteel het as die kelnerin Connie van der Lecq, het self onlangs in ‘n onderhoud vertel hoe opgewonde sy is om weer in dié karakter se skoene te klim.

A photo posted by Quinne Brown (@quinnebrown) on

“Sy het grootgeword,” het sy aan sarie.com vertel. “Die nuwe Connie is baie meer volwasse en wêreldwys. Sy is steeds onskuldig. Maar nie meer naïef nie.”

Connie se eerste episode is in Februarie 2000 uitgesaai. Sedertdien het dié borrelende kelnerin ‘n gunsteling onder kykers geword. Connie en haar destydse liefie Bart (Neil Sandilands) was destyds die Paula en Altus in 7de Laan.


Dis juis danksy Connie dat kykers aanvanklik vir Paula van der Lecq (Diaan Lawrenson) in die Laan ontmoet het. Paula het destyds in Hillside opgedaag en werk gekry by Oppiekoffie met die hulp van haar niggie, Connie.


Quinne het in 2004 die sepie verlaat en byna 10 jaar in Amerika gebly. Sy en haar gesin het onlangs teruggekeer Suid-Afrika toe.

“Ek wou terugkom SA toe,” het Quinne aan sarie.com vertel. “Ek het 7de Laan laat weet. En hulle het toe gesê hulle sal graag vir Connie wil terugbring. In Januarie het ek teruggekom huis toe, vir house hunting en skole gesoek. En ook vir 7de Laan laat weet. Toe ek weer terug is Amerika toe om ons goed te gaan oppak, het ons onderhandel, sommer so oor die waters.”

En nou is Connie weer terug in die Laan! Ons kan nie wag om te sien wat haar storielyn inhou nie!

Kan jy raai watter bekendes skuil agter hierdie uitspattige Halloween-uitrustings?

$
0
0

Hierdie is omtrent spokerig! Kan jy raai watter bekendes skuil agter hierdie uitspattige Halloween-kostuums?

Ons weet hulle gaan elke jaar groot vir Halloween in Amerika, en die glansmense van Hollywood is geen uitsondering nie. Hulle het hierdie jaar behoortlik uitgehaal en gewys met buitensporige kostuums wat jou na jou asem sal laat snak.

Van Paris Hilton se privaat Halloween-partytjie tot die rapper Tyga en Kylie Jenner se intieme “Dooie Dinee”, wil dit vir ons voorkom asof al wat ‘n bekende is gaande daaroor was om vanjaar ‘n Halloween-kostuum wat uitstaan, aan te trek.

Sommige was so goed en realisties, ons kan hulle skaars herken!

1. Bette Midler

Hierdie legendariese aktrise het herinneringe van ons kinderdae herroep deur soos haar Hocus Pocus-karakter van 23 jaar gelede aan te trek.



2. Kylie Jenner

Nee, hierdie is glad nie ‘n kiekie van Christina Aguilera van ouds nie! Dis eintlik die jongste lid van die Kardashian-Jenner-gesin wat op ‘n epiese wyse die sangeres se ‘Drirrty’-musiekvideo van rondom 2002 nagemaak het.

A photo posted by Kylie (@kyliejenner) on


3. The Carters

Wat sal Halloween wees sonder die Carters? Ja, Beyoncé en Jay-Z het die spokerige atmosfeer omhels en hul eie weergawe van die 80’s en 90’s popgroep ‘Salt-N-Pepa weergegee. Die sangeres het ‘n swart pruik gedra met ‘n goue hangertjie en ‘n oorgroot 90’s baadjie – en het perfek gelyk!

A video posted by Beyoncé (@beyonce) on





4. Katy Perry and Orlando Bloom

Katy Perry het almal laat skater van die lag toe sy by haar partytjie opdaag as die presidensiële kandidaat Hillary Clinton, en haar kêrel, die akteur Orlando Bloom, natuurlik as Donald Trump.

Having a little pre party before I take office #IMWITHME Cheers to @svedkavodka #howtosvedka @hillaryclinton

A photo posted by KATY PERRY (@katyperry) on



5. Nina Dobrev

Hierdie ster van The Vampire Diaries het soos die kontroversiële olimpiese swemmer Ryan Lochte aangetrek kompleet met goue medaljes, spandex en daai gebleikte hare!

Had a blast in Rio. Oh, and we also won some Gold Medals. #GoUSA🇺🇸🏊🏼🏅#RyanLochte #JimmyFeigen

A photo posted by Nina Dobrev (@ninadobrev) on



Die aktrise het ‘n foto van haar en ‘n vriendin op Instagram gedeel met die woorde “Horsing around this Halloween with my costar Leo. Pretty sure I got the short end of this stick, being a blanket is overrated. #Neigh🐴 #TheRevenant🏆@cheeklane @leonardodicaprio.” daarby


6. Mariah Carey

Ten spyte van gerugte dat haar verlowing met James Parker iets van die verlede is, het die sangeres met haar eksman Nick Cannon en hul skattige tweeling, Monroe en Moroccan opgedaag.

A photo posted by Mariah Carey (@mariahcarey) on


A photo posted by Mariah Carey (@mariahcarey) on


7. Nick Jonas en Demi Lovato

Ons is beslis nie meer in Kansas nie! Die sangers (en beste maats) Nick en Demi het soos karakters uit The Wizard of Oz aangetrek.

A photo posted by Nick Jonas (@nickjonas) on


8. Leona Lewis

Pragtig in pers! Leona het skitterend gelyk as ‘n futuristiese ruimtewese.


9. Emma Roberts



Die ster van Scream Queens het haar karakter uit daardie reeks gestand gedoen deur soos ‘n spokerige geraamte op te daag.

👻 @jasongarofolo @anthonyholguin 👻

A photo posted by Emma Roberts (@emmaroberts) on


10. Amy Schumer



Die skreeusnaakse Amy en haar kêrel, Ben Hanish, het soos Dustin en Eleven van die spokerige Netflix-reeks Stranger Things opgedaag.

Stranger things #happyhalloween from Eleven and Dustin!

A photo posted by @amyschumer on


A photo posted by @amyschumer on


11. Jenna Dewan Tatum



Het Jenna pas Halloween gewen? Hierdie pragtige vrou van Channing Tatum het soos ‘n magiese eenhoring – kompleet met blinkers en reënbooghare – aangetrek.



Bronne: DailyMail.com, Metro.co.uk, People.com, Popsugar.com

Het prins Harry ’n nuwe meisie?

$
0
0

Jammer aan almal wat gedroom het van prinses word – ons gunsteling-rokjagter-prins is dalk van die mark af!

Volgens die Britse media is prins Harry halsoorkop verlief op ’n Amerikaanse televisie-aktrise – niemand anders nie as die Suits-aktrise Meghan Markle.

Volgens die Sunday Express is die 32-jarige bloubloed-prins en Meghan (35), wat die beeldskone Rachel Zane in die Amerikaanse regsdrama speel, al maande lank saam.

“Hy’s gelukkiger as wat hy in baie jare was,” sê ’n bron na aan die prins en voeg by dat Harry “in ’n baie ontspanne tyd in sy lewe is” en dat Meghan net “op die regte tyd” oor sy pad gekom het.

A photo posted by Meghan Markle (@meghanmarkle) on



Die twee het glo in Kanada ontmoet toe Harry in die land was om voorbrand te maak vir volgende jaar se Invictus-spele vir beseerde of siek weermagpersoneel. Dié land sal gasheer speel.

Meghan, wat in Los Angeles gebore is, het in 2013 van haar man, die vervaardiger Trevor Engelson, geskei en woon in Toronto waar Suits verfilm word.

A photo posted by Meghan Markle (@meghanmarkle) on


“Hulle vat elke week soos dit kom en geniet net mekaar se geselskap, maar dis duidelik dat hulle dol daaroor om mekaar te sien en daar is beslis ’n vonk tussen die twee,” sê die bron.

Volgens berigte het sy reeds vir Will en Kate ontmoet en “het sy dadelik ingepas”.

A photo posted by Meghan Markle (@meghanmarkle) on


“Harry wil die verhouding stil hou omdat hy nie vir Meghan wil afskrik nie. Hy weet dinge sal verander as hul romanse openbare kennis is, maar hy weet ook hy kan dit nie vir lank meer geheim hou nie.

A photo posted by Meghan Markle (@meghanmarkle) on


“Dis te vroeg om te sê of die verhouding op iets langtermyn gaan uitloop, maar wie weet? Hulle vat dinge een stappie op ’n slag en kyk hoe dit ontwikkel.”

Maar steek daar enigsins waarheid in die gerugte?

Wel, die Mirror wys daarop dat die pragtige brunet vanjaar in die koninklike losie by Wimbledon gewaar is en sy het in Julie ’n draai by Buckinghampaleis gemaak.

Bye bye #London 👋🏽

A photo posted by Meghan Markle (@meghanmarkle) on


En danksy Instagram weet ons sy was in Augustus in Engeland!

A photo posted by Meghan Markle (@meghanmarkle) on


Dis nog ’n ope vraag of sy daar was as toeris of as ’n baie spesiale gas. Ons hou julle op hoogte!

Bronne: The Mirror, The Sunday Express, Instagram, Us Weekly


Jennifer Aniston se man deel subtiel die middel vinger vir Brad Pitt

$
0
0

Justin Theroux het glo op Instagram na sy vrou, Jennifer Aniston, se eksman, Brad Pitt, gekap in ’n boodskap wat gekruide taal bevat.

Die ster van The Girl on the Train het in die sosiale media kommentaar gelewer op die eersdaagse presidensiële wedloop tussen Hillary Clinton en Donald Trump deur een van die straatkunstenaar Nick Flatt se foto’s te deel.

Op die foto wys ’n vrou middelvinger terwyl sy op die vinger byt en is sy omring deur ’n
verskeidenheid vloekwoorde.

Onder die woorde is “F** politiek, f** imperialisme en f** oorlog”, maar aanhangers het gou-gou kommentaar gelewer op die een wat veral hul oog gevang het: “F** Brad Pitt.”

Waarskuwing: Grafiese inhoud

Skermgreep van Instagram-foto.

Skermgreep van Instagram-foto.

Justin se inskrywing het ’n bohaai op Twitter veroorsaak met aanhangers wat aangeneem het die ster van die reeks The Leftovers kap na Brad en sy onlangs verbrokkelde verhouding met Angelina Jolie.

Brad se romanse met Angelina het begin toe hulle in 2005 in die fliek Mr. and Mrs. Smith gespeel het terwyl Jennifer met die akteur getroud was. Hoewel alle partye nog altyd ontken het dat daar enigiets tussen die twee gebeur terwyl hy met Jennifer getroud was, is die voormalige Friends-aktrise nog
altyd as die verwerpte party beskou.

Toe Brad en Angelina dus in September aankondig hulle skei, het talle bespiegel dat Jennifer dalk ’n faktor was en die memes van die aktrise – tonele uit haar flieks en televisiereekse waar sy dolgelukkig lyk – het vinnig versprei.

Jennifer se goeie vriendin Chelsea Handler het egter teruggekap oor bewerings dat haar pel enigsins iets voel oor die egskeiding.


“Dis so simpel en pateties,” het Chelsea aan die tydskrif Grazia gesê. “Asof Jen omgee – dit skeel haar min. Dis nie asof sy rondsit en haar hieraan steur nie.”

A photo posted by @jenniferanistcn on

Chelsea het nog nooit ’n wag voor haar mond geplaas nie en het Angelina ’n “f***** kranksinnige” genoem toe sy op haar Netflix-program, Chelsea, oor een van die vermaakbedryf se groot egskeidings praat.

“Daar is gerugte dat deel van die probleem was dat Brad glo te veel gedrink en dagga gerook het. Ek wonder hoekom hy dit moes doen,” het sy laat hoor.

“Dalk omdat hy die afgelope 12 jaar aan die Como-meer kon deurbring en saam met George Clooney en Matt Damon kon uithang pleks van om vasgekeer te wees in ’n huis met 85 kinders wat 15 verskillende tale praat. O, wag – dis omdat hy met ’n f***** kranksinnige getrou het.”

Kyk die videogreep hier. Waarskuwing: Kru taal.


© Cover Media

Hartverskeurende nuus oor musieklegende Nico Carstens

$
0
0

Die musieklegende Nico Carstens is Dinsdag 18:55 in die ouderdom van 90 oorlede.


Volgens ’n verklaring wat sy gesin uitgereik het, is Nico Dinsdagoggend na die Netcare N1 in Kaapstad geneem waar hy gehospitaliseer is en ten tye van sy dood deur sy vier kinders omring is.


Die trekklavierspeler en liedjieskrywer het ’n enorme bydrae tot musiek in Suid-Afrika gemaak. Die Zambezi-skrywer het die tone al wêreldwyd laat juk en kunstenaars soos Eddie Calvert, The Shadows en Chet Atkins het onder andere sy musiek hul eie gemaak.

Nico het al vroeg in sy lewe sy staal gewys. Hy het in die jeugdige ouderdom van 13 sy eerste trekklavier gekry en ná ses maande sy eerste musiekkompetisie vir volwassenes gewen.

Nico het meer as 2 000 komposisies gedoen, en meer as 100 langspeelplate en CD’s gemaak.

Vaarwel Nico, mag jou deuntjies nooit uitsterf nie.

Kyk: Karen Zoid en haar The Voice-deelnemers sing gatskop-duet

$
0
0

Karen Zoid se spesiale gaste in haar Republiek in Dinsdagaand se episode van Republiek van Zoid Afrika was haar laaste deelnemers op The Voice, Almur Marais en Thembeka Mnguni.

’n Derde gas was die negejarige Angelou Roman, ’n talentvolle kitaarspeler wat kykers se harte gisteraand gesteel het.

Saam met Karen het dié drie die dak laat lig met ’n treffende weergawe van Vloek van die Kitaar/Thunderstruck, wat ouder gewoonte direk na die episode in die Suid-Afrikaanse iTunes-winkel beskikbaar gestel is en blitsig die trefferranglys geklim het.

Hierdie seisoen het Karen reeds talle trefferliedjies saam met kunstenaars soos Ard Matthews, Leon Schuster en Riana Nel opgeneem.

’n Hoogtepunt in vandeesweek se episode was toe Karen ’n tjek van R36 000 aan Thembeka oorhandig het om vir haar seun se skoolgeld te betaal. Thembeka het onder meer haar werk verloor toe sy haar droom gevolg het om aan The Voice deel te neem.

Dit was ook nie die enigste verrassing wat op kykers gewag het nie. Die sanger Bobby van Jaarsveld het ook sy verskyning in Keeping up with Marinda, ’n komiese insetsetsel, gemaak.

Kyk hier na Karen Zoid & Thembeka Mnguni met Almur Marais en Angelou Roman se Vloek van die Kitaar/Thunderstruck:

In volgende week se episode (8 November) word die Republiek besoek deur die Olimpiese swimmer, Ryk Neethling, en die boereprinses van Oranjeville, Lianie May.

Lees Nico Carstens se laaste roerende onderhoud met Huisgenoot-tydskrif

$
0
0

Suid-Afrikaners het vroeg Woensdagoggend die hartseer tyding gekry dat die trekklavier-en-liedjieskryf-legende Nico Carstens Dinsdag in die ouderdom van 90 jaar oorlede is. Huisgenoot se Jacques Myburgh het in ons tydskrifuitgawe van 18 Februarie ’n laaste onderhoud met hom gevoer.

Danksy oorfone het Nico niemand in die ouetehuis gepla wanneer hy vir homself liedjies gekomponeer het nie. Foto: Peet Mocke

Danksy oorfone het Nico niemand in die ouetehuis gepla wanneer hy vir homself liedjies gekomponeer het nie. Foto: Peet Mocke

Sy oë is toe terwyl sy vingers oor die klawers gly en hy is duidelik meegevoer deur die musiek wat hy uit die elektriese klawerbord optower.

Maar dis net hy wat dit kan hoor, want die 90-jarige trekklavierkoning moet die ander inwoners van die ouetehuis hier op Kuilsrivier in ag neem.

Nico Carstens gebruik deesdae ’n stel oorfone wanneer hy hier in sy klein slaapkamer musiek maak. Van die 1950’s tot die ’70’s het boeremusiekliefhebbers van die een dorp na die ander na sy vertonings gestroom. Nou kla sy buurvrou in die ouetehuis oor die “geraas”.

Maar dit skeel hom min, vertel die musikant en komponis toe Huisgenoot hom net meer as ’n week voor sy 90ste verjaardag besoek.

Nico Carstens met sy magdom plate. Hy het onlangs die driemiljoenkerf vir CD-en-plate-verkope verbygesteek. Foto: Peet Mocke

Nico Carstens met sy magdom plate. Hy het onlangs die driemiljoenkerf vir CD-en-plate-verkope verbygesteek. Foto: Peet Mocke

“Dit is nou my wêreld dié en ek’s gelukkig. Dit is die enigste plek waar die diens puik is en ek drie keer per dag ’n vegetariese maaltyd kry,” sê hy oor sy woonplek van die afgelope twee jaar.

Sy trekklavier het hy weggepak, maar hy leef nog sy passie op die klawerbord uit. “Ek komponeer deesdae net vir myself . . . daar is Carstens-treffers wat niemand ooit sal hoor nie.”

Die 90ste herdenking van sy geboortedag (sy verjaardag was op Woensdag 10 Februarie) is net die jongste van ’n hele klomp mylpale in sy bedrywige lewe.

Hy rits die syfers af: Daar’s die meer as 3 miljoen CD’s en plate wat hy verkoop het; sy 2 000 trefferliedjies; die sowat 800 000 km wat hy en sy gewilde Nico Carstens-orkes op toer afgelê het.

En hy het boonop tyd gemaak vir nie minder nie as ses huwelike (met een vrou het hy twee keer getrou) en vyf kinders. (Lees die kassie Koning van Harte.)

G’n wonder hy is deesdae tevrede om net rustig vir homself musiek te maak hier in die ouetehuis nie.

Omring deur al vyf sy kinders, (van links) Klem, Lani, Marcel, Nicolise en George, wat in 2001 oorlede is. Foto: Verskaf

Omring deur al vyf sy kinders, (van links) Klem, Lani, Marcel, Nicolise en George, wat in 2001 oorlede is. Foto: Verskaf

Watter van die duisende liedjies uit sy pen is sy gunsteling?

Hy sit agteroor en dink eers ’n paar oomblikke.

“Beslis die Helena Tango,” antwoord hy en vertel dan die storie agter die liedjie.

Dit was in die laat 1950’s toe hy een aand op Keimoes in die Noord-Kaap speel. “Ek het hierdie blonde meisie met sulke mooi oë daar ontmoet. Sy het haar as Toska voorgestel. Sy wou baie graag Johannesburg toe trek; ek kon die liggies van die stad in haar oë sien flikker.”

Nico het haar toe ’n saamrygeleentheid Johannesburg toe aangebied. “Later vind ek toe uit haar naam is Helena Dreyer. Sy was ’n bietjie skaam vir haar boerenaam.”

Dit was nie lank nie of hy en Helena is getroud – en hy komponeer toe vir haar die tango met haar naam.

Sal hy dit oorweeg om weer te trou?

“Nie hier (in die ouetehuis) nie,” antwoord hy skertsend. “Nie een van die vroue wat saam met my bly, is jonk of blond nie.”

Dis vir hom besonders om 90 te word, maar hy voel g’n so oud nie, voeg Nico by.

“Kyk, ek het my oupa en my oupagrootjie verbygesteek, maar ek voel nog normaal.”

Sy oudste seun, Klem Carstens, is ook al ’n oupa. “Ek het met my kleindogter gespot: ‘Hoekom maak jy my ’n oupagrootjie; nou gaan ek oud voel,’ ” sê hy en lag.

Een ding wat hy mis, is die peperduur vuurwaens waarvoor hy so lief was: Cadillacs,
Pontiacs, Buicks, Jaguars. “Op my ouderdom mag ek nie meer bestuur nie.

Ek mis dit om voet in die hoek te sit. Gee my net ’n vinnige kar en ek’s gelukkig.”

Dit was juis sy liefde vir die langpad wat gemaak het dat hy honderdduisende kilometers op pad na konsertbestemmings saam met sy orkes afgelê het. “Ek kon maklik op ’n vliegtuig klim en my orkeslede daar kry, maar ek het geglo in saam reis in ons bussie. Ons het ’n wonderlike kameraadskap so opgebou.”

Nico onthou bowenal hoe hartlik hulle op plattelandse dorpe verwelkom is.

Veral deur die sogenaamde Carstensgroupies. Wanneer Nico-hulle klaar gespeel het op ’n dorp, het die aanhangers daar die volgende dorp gebel en hulle gewaarsku die orkes is op pad.

“As jy weer sien, staan daar motors in die pad en wag om ons te begelei na hul dorp.

“Nadat ons opgetree het, het die mense gestry oor waar ons moet slaap; almal wou kon sê ons het by hulle oorgebly. Die gasvryheid was wonderlik.”

Toe hy nog die trekklavier met sy goue vingers bespeel het. Foto: Verskaf

Toe hy nog die trekklavier met sy goue vingers bespeel het. Foto: Verskaf

Maar daar was ook hartseer op sy lewenspad. In 2001 is sy seun George aan ’n seldsame siekte dood wat sy bene en spiere aangetas het. “Ek mis hom so baie. Ek wens hy kon my 90ste verjaardag saam met my vier.”

George het voor sy dood in New York as kunstenaar en modeontwerper sukses behaal.

“Hy was ’n baie talentvolle man en ek’s ongelooflik trots op hom,” vertel Nico. “My hart breek nog elke dag oor hy so vroeg van ons af weggeneem is.”

Sy oudag is allesbehalwe eensaam. “My vier ander kinders behou nog gereeld kontak met my en ek’s gelukkig om hulle naby my te hê.”

Klem, sy oudste seun, versamel al sy plate om te verseker Nico se werk bly behoue. Hy hoor ook gereeld van sy jare lange vriend die rolprentmagnaat Boet Troskie.

“Toe hy nog hier in die Kaap gewoon het, het ons mekaar gereeld gesien . . . hy het ’n vleuelklavier in sy voorportaal gehad waar ons altyd saam gespeel het.

Hy’t altyd so breed geglimlag en gesê: ‘Man, Nico, dié is nou lekker!’ ” Boet het intussen teruggetrek Bloemfontein toe.

Nico sit op sy enkelbed en wys ons nog van sy gunstelingplate: Die Goue Vingers van Nico Carstens; Konsertina Jol; Op Toer met Nico; Zambesi . . .

“Niks hiervan sou moontlik gewees het as dit nie was vir my mentor, Hendrik Susan (die bekende orkesleier), nie.”

Nico vertel hy was 19 jaar oud toe Hendrik hom in die Koffiehuis in Kaapstad hoor speel. “Ná die tyd het hy gevra of ek nie saam met hom wil toer nie. Ek was stomgeslaan; hier staan ’n legende voor my en hy is beïndruk deur my spel. Dit het onwerklik gevoel.”

So is die jong Nico toe saam met Hendrik en sy orkes na Aliwal-Noord vir ’n Kerskonsert. Hy sou vyf jaar die trekklavier in Hendrik se orkes speel voor hy sy eie orkes gestig het.

Het hy berou oor enigiets? Nico sit agteroor en kyk na die foto’s van sy familie bo sy klawerbord, vryf ’n slag deur sy grys boskasie.

“Nee, dit was altyd vir my so lekker om mense blydskap te gee met my musiek.

“Memories were made,” sê hy en streel dan met sy hand oor die klawers.

KONING VAN HARTE
Nico Carstens het die hartsnare behoorlik getokkel. In 1948 is hy met Elize Lategan getroud (Klem en Nicolise is uit die huwelik gebore); in 1952 het hy met Helena Dreyer getrou; in 1957 met die skrywer Vera Gibson (sy oorlede seun, George, is uit die huwelik gebore); in 1967 met die choreograaf Ann Vorster (hulle het geskei, maar weer in 1976 getrou en het ’n dogter, Lani); en in 1987 met Salomé (hulle het ’n seun, Marcel).

BOBAASMUSIKANT
Nico en sy orkes se vele musiekprestasies sluit in:
● eerste Suid-Afrikaanse kunstenaar wat ’n miljoen langspeelplate verkoop het;
● ’n Goueplaat-prys in 1959;
● ses jaar agtereenvolgens (1965 tot ’70) wenner van Springbokradio se Sarie-prys in die kategorie beste boereorkes; en
● ses jaar in Ollie Viljoen se ateljeeorkes in die bekroonde televisiereeks Spies & Plessié.

Protea-krieketheld se pragtige trouvideo beslis die kyk werd!

$
0
0

Wat is nou mooier as ’n strandtroue op die eilandparadys Mauritius? Die Protea-krieketspeler Quinton de Kock se vrou, Sasha, het hul spesiale trouvideo op Instagram en Facebook gedeel en dis beslis die kyk werd.

“Ons het besluit om ons troue privaat te hou met net hegte familie en vriende, en geen media te betrek nie, maar ons het besluit om ons trouvideo met almal te deel en vir diegene wat ’n bietjie meer van ons spesiale dag wil sien,” het Sasha op sosiale media geskryf.

Die paartjie het in September in die Le Victoria-hotel in Mauritius afgehaak. Onder die bekende gaste wat deel van die bruilofsviering was, was Quinton se Protea-spanmaats Dale Steyn, JP Duminy, AB de Villiers, Chris Morris en David Miller.

Sasha het die asem weggeslaan in ’n skepping deur die Suid-Afrikaanse ontwerper Anél Botha, terwyl Quinton en sy strooijonkers deftig uitgevat was in Polo-pakke. Die paartjie is al vier jaar saam en het in Junie verlede jaar verloof geraak. Hulle het nie aanvanklik beplan om in Mauritius te trou nie, het Sasha ná die troue aan sarie.com vertel.

“Ons wou oorspronklik eers in Desember vanjaar op Knysna getrou het. Toe besluit ons in Januarie om in Mauritius te trou. Dit was ’n ‘bestemmingstroue’ en die meeste beplanning het eers sowat twee maande voor die tyd gebeur,” het sy vertel.

Dit was haar “droomtroue”, het sy ná die bruilof op Instagram vertel. “Dankie dat jy (tot dusver) ’n wonderlike man vir my is en vir alles wat jy vir my doen!” was haar boodskap aan haar man.

Kyk die paartjie se spesiale trouvideo hier:

Sasha & Quinton | Mighty Fine | Trailer from Mighty Fine Productions on Vimeo.

Ekstra bron: Sarie.com

Bekendes deel hul huldeblyke aan Nico Carstens

$
0
0

Die trekklaviermeester Nico Carstens het nooit op die verhoog gepraat nie. Sy vingers het die praatwerk gedoen. So onthou bekendes dié jazz-musikant wat Dinsdag in die ouderdom van 90 oorlede is.

Nico en sy trekklavier . . . Foto: Verskaf

Nico en sy trekklavier . . . Foto: Verskaf

“Ek het nog nooit so baie respek vir iemand gehad soos vir Nico nie,” vertel die countrysanger Lance James.
Lance het op ’n kol saam met Nico en sy orkes getoer.

“Hy was op ’n internasionale standaard gewees. Niemand kon die trekklavier soos hy bespeel nie.
“Wanneer ek oorkant hom op die verhoog gestaan het, het ek hom bewonder soos ’n seun sy held bewonder.”

Lance sê wat hom selfs meer beïndruk het, is hoe pynlik netjies Nico altyd was.

LEES OOK NICO CARSTENS SE ROERENDE LAASTE ONDERHOUD IN HUISGENOOT-TYDSKRIF

“Hy het altyd mooi aangetrek en in sy 90 jaar op aarde was hy nooit laat vir ’n vertoning nie.”

Wat Lance die beste van Nico onthou, is sy liefde vir duur motors.

“Hy het in ’n stadium ’n Lincoln Continental gehad. Dit moes die enigste een in Johannesburg gewees het.”

Die Jantjie-sanger Anton Goosen sê Nico was een van die musikante wat hom geslyp het.

“Hy was ’n geweldige ikoon vir my,” sê hy.

“Veral Nico en Anton de Waal se werke. Hulle twee was my rolmodelle.

“Ek onthou nog die verhaal van die liedjie Hasie, wat Nico en Anton saam opgeneem het. Anton het die lirieke nog op ’n stuk toiletpapier geskryf en hulle het daarmee na die ateljee toe gegaan en dit opneem,” sê Anton.

Anton vertel Nico het nie daarvan gehou wanneer iemand na hom verwys het as ’n boeremusiek-musikant nie.

“Hy het hom beskou as ’n jazz-musikant. Sy Zambezi-werk het getuig van sy liefde vir jazz. Hy was sy tyd beslis vooruit.”

Volgens Basie Burger, Nico se kitaarspeler, was hy altyd ’n perfeksionis.

“Hy sou nooit ’n akkoord verkeerd speel nie. Alles was altyd op die regte tempo.

“Ollie Viljoen het hom eenkeer gevra om ’n liedjie vir hom te komponeer. Nico het teruggegaan na sy kamer en ’n uur later met ’n meesterstuk teruggekom.”

Basie onthou ook hoe netjies Nico was.

“Wanneer Nico gaan inkopies doen het, het hy seker gemaak hy koop die hele reeks van ’n spesifieke baadjie: die rooie, bloue, groene; al die kleure wat hy in die hande kon kry.

“Dit was amper soos sy vinnige motors gewees. Hy het baie daarvan gehou om mooi te lyk.”

Basie sê hoewel dit Nico se tyd was, laat hy steeds ’n leemte in ons musiekbedryf.

“Hy was die vader van die trekklavier. Hy het die vlammetjie nog altyd aan die brand gehou.”

Legendariese Afrikaanse rolprentmaker sterf op 80

$
0
0

Die legendariese rolprentmaker Jans Rautenbach is Woensdag in die ouderdom van 80 oorlede.

Jans, die bekende regisseur van films soos Pappa Lap (1971), Eendag op ’n Reëndag (1975), Blink Stefaans (1981) en meer onlangs Abraham (2015) is in die Bay View-hospitaal in Mosselbaai oorlede.

Hy is dood weens komplikasies met longontsteking, berig Netwerk24.

“Een van Suid-Afrika, en Afrikaans, se grootste regisseurs en vervaardigers is vandag oorlede. Jans Rautenbach, baanbreker-regisseur van Jannie Totsiens, Katrina en veral die briljante Die Kandidaat is nie meer by ons nie,” het SA se mees toonaangewende fliekresensent in die Afrikaanse media, Leon van Nierop, op Facebook meegedeel.

“Simpatie aan sy familie en almal wat soveel respek en bewondering vir hierdie grootse kunstenaar en filosoof gehad het, en veral vir sy versiende rolprente.

“Sy nalatenskap is geweldig en omvangryk en sal moontlik nooit oortref word nie,” het Leon verder geskryf.

LEES OOK: ’n Fotoverhaal: Legendariese ‘prentjiemaker’ Jans Rautenbach vier 80

Jans is in 1936 in Germiston gebore en maak reeds sedert die laat 1960’s films. Hy is ook veral bekend vir die rolprent Die Kandidaat (1968), wat hy saam met die vervaardiger Emil Nofal gemaak het.

Hy word oorleef deur sy vrou van die afgelope 60 jaar, Almeri, en sy kinders, Andri, Erika, Gert, Strydom en talle kleinkinders.

Ook vanuit Nederland het die nuus van Jans getref


Hul geliefde Oulap, waar Jans en sy vrou Almari, gebly het



Sy jongste werk was Abraham


Jans gesels oor Abraham en van sy vorige ikoniese Afrikaanse films

Die fliek Abraham is ook op Oulap geskiet.

Jans was die regisseur van die volgende flieks:
Die Kandidaat (1968) – met Regardt van den Bergh en Don Leonard
Katrina (1969) – met Jill Kirkland, Katinka Heys, Don Leonard, Cobus Rossouw, Joe Stewardson en Carel Trichardt
Jannie Totsiens (1970) – met Katinka Heyns, Patrick Mynhardt en Don Leonard
Pappalap (1971) met Katinka Heys, Gordon Vorster en Hermien Dommisse (ook bekend as Pappa Lap)
Ongewenste Vreemdeling (1974) – Met Marié du Toit, Marie Tjaden Tromp, Sandra Kotzé, Barie Trengrove, Dulcie van den Bergh, Marius Weyers en Sann de Lange
Eendag Op ‘n Reendag (1976) – met Katinka Heys, Regardt van den Bergh en Jana Cilliers
My Way II (1977) – met Joe Stewardson, Richard Loring, Marié du Toit, Volenté Bertotti, Zaza Vorter en Gary Player
Blink Stefaans (1981) – met Regardt van den Bergh, Jana Cilliers, George Ballot, Zack du Plessis, Dana Niehaus, Zoli Marki
Broer Matie (1984) – met Simon Bruinders, Paul Lückhoff, Louw Verwey, Patrick Menhardt en Trix Pienaar.
No One Cries Forever (1985) – met Howard Carpendale, Elke Sommer, Zoli Marki en Fiona Ramsey
Abraham (2014) – met DJ Mouton, Hannes Muller, Franci Swanepoel, Chantell Phillipus, Jill Levenberg


Candice en Behati sê nee dankie vir gesogte modevertoning, maar hoekom?

$
0
0

Hulle is twee van die onderklere-reus Victoria’s Secret se gewildste modelle, maar dié twee engeltjies het vanjaar besluit om die gesogte Victoria’s Secret-modevertoning mis te loop sodat hulle al hul aandag aan hul kroos kan wy.

BC

Candice Swanepoel (28) en haar jare lange kêrel, Hermann Nicoli, se seuntjie, Anacã, is op 5 Oktober gebore, en Behati Prinsloo (27) en haar sanger-man, Adam Levine, se Dusty Rose op 21 September.

Die onderklerevertoning word op 5 Desember vanjaar op die TV-kanaal CBS uitgesaai en gaan soos altyd wemel van bekendes, musikante en topmodelle. Lady Gaga en Bruno Mars tel onder die kunstenaars wat optree. Tog is dit duidelik Candice en Behati het in dié stadium net oë vir hul kleingoed.

“Ons klein leeutjie geniet dit om rustig te ontspan. Hy is beslis my seun!” het Candice onlangs op Instagram geskryf toe sy ‘n skattige foto van haar spruit deel. Anacã is ‘n Brasiliaans-Portugese woord vir “voëltjie”. Sy het ook ‘n oulike foto gedeel van haar en haar seun wat bypassende tekkies dra.


💙

A photo posted by Candice Swanepoel (@angelcandices) on

Die nuwe ma het onlangs haar verjaardag gevier en Behati het haar gelukgewens met ‘n Instagram-inskrywing waarin sy skryf: “Ek is so lief vir jou. Om jou in my lewe te hê is alles, sielsuster.”


Al loop sy die vertoning mis, is Behati se lyf beslis gereed om na die loopplank terug te keer. Sy het omtrent sexy gelyk toe sy die afgelope week Halloween vier en die uitrusting wat Julia Roberts in die fliek Pretty Women dra as kostuum gedra het.


“Ons is baie opgewonde. Dis ’n nuwe hoofstuk in ons lewe waarna ons baie uitsien,” het Behati se pa, Boet Prinsloo, kort voor Dusty Rose se geboorte die hele ent uit Grootfontein aan Huisgenoot gesê. Hy en sy vrou, Magda, bedryf ’n gastehuis in die noorde van Namibië.


Kyk: Heinz Winckler bid vir reën in inspirerende nuwe musiekvideo

$
0
0

Die wurggreep van die knellende droogte op mens en dier in Suid-Afrika het Heinz Winckler so geroer dat hy besluit het om “’n nasionale gebedslied vir reën” op video vas te lê, vertel die voormalige Idols-wenner aan Huisgenoot.

Die liedjie, Let It Rain, is ook een van die eerste vrugte van sy besluit om hom op Christelike musiek toe te spits.

Die musiekvideo was sowat ’n jaar in wording, vertel hy. Heinz het verlede Oktober die besluit geneem om van kommersiële musiek na gewyde musiek oor te slaan, “want dis waar my wortels is. Kort nadat ek hierdie besluit geneem het, het ek ’n sterk las in my hart en gees ervaar vir ons boere wat so weens die droogte ly . . . ek het besef ons het nie net letterlike reën nodig nie, maar ook geestelike reën.”

As Matie was hy destyds ’n aanbiddingsleier in die Studentegemeente en daar het hulle dikwels die koor van gewyde lied Let It Rain gesing. Hy het besef dis die ideale lied om aan te pas vir sy droogte-opname. Die liedjie is ook op sy nuwe album, The Roar.

“Destyds het ek egter net die koorgedeelte geken en daarom het ek nuwe verse daarvoor geskryf. Ek het dit geskryf en begin sing waar boere en ander mense ook al bymekaargekom het om te bid vir reën.”

Om die liedjie op sy nuwe album te voeg, moes hy eers toestemming kry by die oorspronklike skrywer, die Amerikaner Michael Farren.

Heinz, wat op Somerset-Wes in die Suidwes-Kaap woon, het Michael eindelik ontmoet in Nashville, waar The Roar opgeneem is. Michael het nie net ingestem nie, maar Heinz ook gehelp om die liedjie vir die album en video te verfyn.

“Ek glo die droogte is ’n vergestalting van die geestelike droogte in ons land. My hartewens is dat hierdie lied en musiekvideo tot ’n positiewe uitkoms sal bydra,” vertel Heinz.

Die musiekvideo het in sy eerste ses dae op YouTube sowat 6 400 kykslae gekry.

Kyk hier na die video:

  • Sporadiese reënbuie word in die volgende week oor groot dele van die land voorspel, het Mbazhi Maliage, ’n weervoorspeller by die Suid-Afrikaanse Weerdiens. Maar die somer gaan baie warm en droog bly.

Geliefde Afrikaanse skrywer sterf

$
0
0

Die geliefde Afrikaanse kortverhaalskrywer Dot Serfontein is Vrydagoggend in die ouderdom van 91 oorlede.

Hierdie bekroonde skrywer, gebore as Susanna Jacoba, was die ma van die bekende Afrikaanse digter Antjie Krog. Dot het ook onder die skuilname S.J. Nasau en Luca Fick geskryf.

Haar seun Willem Krog het die hartseer nuus vroeg Vrydagoggend op sy Facebookblad aangekondig.

“My ma, Dot Serfontein, is vanoggend in haar slaap oorlede. Sy was 91 jaar oud. Vir die familie het die aarde geskuif, onherroeplik. Haar lewe, wat ons kinders was, asook haar kleinkinders, het lengte, breedte, hoogte, tyd en ruimte in beslag geneem. Soos sy was, so sal ons haar onthou,” het Willem geskryf.

Huldeblyke het kort daarna ingestroom, met die bekende Protea boekwinkel op Stellenbosch wat op hul Facebookblad geskryf het dat Dot ‘n “onuitwisbare spoor in ons letterkunde nagelaat” het.

Dot is op 30 April 1925 in Kroonstad gebore. Haar pa was ‘n bekende Afrikanerbeesboer in die distrik. Sy het die bynaam Dot gekry omdat sy as klein dogtertjie nie “dogtertjie” kon sê nie, maar net “dottertjie”.

Sy is in 1951 met die geskiedkundige en politikus Willem Krog getroud. Die egpaar het drie seuns (Vyver, Kootjie en Willem) en twee dogters, Antjie Krog en Jeannette (Pennie).

Haar man is in 2002 aan nierversaking oorlede.

Haar outobiografie, Vrypas, het in April 2009 verskyn. Kort voor haar 88ste verjaardag (in 2013) het die Klein Karoo Nasionale Kunstefees haar vir haar lewensbydrae tot die verruiming en verryking van die leefwêreld van Afrikaans met die Afrikaans Onbeperk-prys vereer.

Steve Hofmeyr deel nostalgiese video van hom en Bobbie van Jaarsveld

$
0
0

Vandag is hy een van ons land se gewildste en bekendste sangers met miljoene aanhangers wat gretig sy musiek opraap, maar ’n dekade gelede was die skaam, 19-jarige Bobby van Jaarsveld (nou 29) net nog ’n jong Afrikaanse musikant wat naam probeer maak het.

Die ewe gewilde Pampoen-sanger en jare lange gunsteling onder Afrikaanse musiekliefhebbers, Steve Hofmeyr (52), het vandag sy aanhangers op ’n nostalgiese tydreis geneem na 2006, die jaar toe Bobby werklik begin naam maak het, deur ’n video te deel van hulle twee wat saamsing.

In die inskrywing op sy Facebook-blad vertel Steve, toe 42, hoe hy die jong Bobby op die verhoog genooi het om saam met hom die Neil Diamond-treffer Sweet Caroline te sing.

Met dieselfde goeie stem waarvoor ons hom vandag nog ken, maar dalk met ’n tikkie minder selfvertroue, sit die jonge Bobby kiertsregop langs Steve en sing Sweet Caroline luidkeels saam.

Bobby het hoeka sy loopbaan as sanger in 2006 begin en sy debuutalbum, Duisend Ure, in dieselfde jaar uitgereik. Hy het ook daardie jaar die Huisgenoot Tempo-toekenning as beste nuweling ontvang.

Steve se video het omtrent die nostalgie onder sy aanhangers aangewakker. Ene Zerette Treurnicht kan die oomblik nog goed onthou en vertel Steve en Bobby het saam op die Brackenfell-fees gesing. “Dit was ’n stunning show,” onthou sy.

Ander het weer die sanger en akteur in Agter Elke Man geprys vir sy onbaatsugtige rol wat hy speel in die bevordering van jong kunstenaars se loopbaan. “Steve, jy laat dit so maklik lyk om ’n goeie woord vir ’n medekunstenaar te doen,” skryf Martie du Pisanie. “Dit is so deel van jou dierbare persoonlikheid. Net ’n groot gees wat so iets so gemaklik sal doen. Ek salueer jou daarvoor.”

Sedertdien het Bobby nog drie albums uitgereik en ook in talle flieks, televisiereekse en verhoogproduksies opgetree.

Dis amptelik! Dié geliefde Afrikaanse akteurspaar is verloof!

$
0
0

Die akteur Erik Holm het pas op sy Facebook-profiel aangekondig hy en sy geliefde, die aktrise Tinarie van Wyk-Loots, is verloof.

Erik het twee maande gelede in ’n onderhoud met die Sondagkoerant Rapport vertel hulle het planne om te trou. “Ek het haar pa gevra. Hy woon in Kanada en sy weet ek het hom gevra,” het hy toe aan Rapport vertel.

“Ek het darem nou sy goedkeuring dat ek met sy dogter mag trou. Maar wanneer ek haar gaan vra en hoe, bly ’n geheim,” het hy opgewonde vertel. Hy het toe ook laat val dat hy Kaap toe sou trek om by Tinarie te wees.

Die gelukkige paartjie! Foto: Argief

Die gelukkige paartjie! Foto: Argief

Die liefdesvlam tussen hulle het begin brand toe hulle in 2014 saam aan die toneelstuk Dogma gewerk het. Hulle het in die veelbekroonde produksie die rolle van ’n predikantspaar vertolk. Die dominee (Erik) kry veelvuldige sklerose en beland dan in ’n rolstoel.

Erik is self sedert 2007 ’n kwadrupleeg ná’n duikongeluk. Hy is onder andere bekend vir sy rol as Rian Malherbe in Binnelanders.

Hulle het, toe hulle aan Dogma gewerk het, verlief geraak, het Erik en Tinarie verlede jaar aan Huisgenoot vertel.

“Ek het van die begin af geweet: O, hier kom moeilikheid!” het Tinarie destyds gesê. “Ek is lief vir hom nes hy is,” het sy vertel. Erik het op sy beurt gekoer: “Tinarie is die beste ding wat al met my gebeur het.” Te oulik!

Veels geluk, julle twee!

Viewing all 1013 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>